Internet Explorer

    Windows Internet Explorer 7-taalpak vir Windows XP

    Wysig taal:
    Laai die jongste weergawe van die wêreld se gewildste webblaaier af.
    • Weergawe:

      7

      Lêernaam:

      ie7lip-x86-AFK.exe

      Datum gepubliseer:

      2009/02/05

      Lêergrootte:

      13.1 MB

        Die Internet Explorer 7-taalpak is bedoel vir streeksmarkte wat nie tans plaaslike weergawes van Internet Explorer 7 het nie. Die pakke maak dit vir rekenaargebruikers moontlik om van die algemeen gebruikte blaaierkenmerke in hul eie taal te sien. Windows Internet Explorer 7 se taalpak pas soos 'n vel op die produk. Dit is 'n hoëgehalte-oplossing vir markte soos Katalaans, Litaus en Thai. Die taalpak is 'n vertaling van 'n onderdeel van die sigbare deel van die program, en bied tuis- en kantoorrekenaargebruikers die geleentheid om sowat 80% van die program in hul eie taal te sien. Die taalpak is 'n voorbeeld van veeltaalgebruikerkoppelvlak-tegnologie. Die taalpak word op 'n gelisensieerde kopie van Windows geïnstalleer wat reeds oor 'n basistaal beskik. Watter basistaal vereis word, hang af van die taalpak wat u installeer.

        Besoek Microsoft se taalpak-webbladsy vir meer inligting oor die taalpakprojek. Om Internet Explorer 7 in een van die 24 ten volle vertaalde weergawes af te laai, besoek die Internet Explorer Worldwide-webwerf.

        Hierdie aflaai geld net vir Microsoft Windows XP, dienspak 2. Om Internet Explorer 7-taalpakke vir ander ondersteunde weergawes van Microsoft Windows af te laai, kyk die 'Verwante aflaaie' hier onder.
    • Stelselvereistes
      Ondersteunde bedryfstelsels:

      Windows XP Service Pack 2, Windows XP Service Pack 3

        • Die bedryfstelsel se taalpak moet geïnstalleer wees. Indien u nie die bedryfstelsel se taalpak het nie, kan u dit aflaai op Microsoft se taalpakwebbladsy.
        • Indien u stelseltaal Sloweens is, hoef u nie 'n aparte taalpak vir die bedryfstelsel te installeer nie en kan u die Internet Explorer 7-taalpak dadelik installeer. Die Slowaakse en Sloweense Internet Explorer 7-taalpakke werk ook op Microsoft Windows XP se Home Edition.
        • Indien u die Windows Starter Edition het en dit lyk of u stelsel in die regte taal is, is u gereed om die Internet Explorer 7-taalpak te installeer. Indien die Windows Starter Edition in Engels blyk te wees, moet u eers die taalpak van die CD installeer wat deur die oorsprongmaatskappy voorsien is.
        1. Klik die Aflaai-knoppie op hierdie bladsy om te begin aflaai, of kies 'n ander taal uit die aftreklys en klik Gaan.
        2. Doen een van die volgende:
          • Om dadelik te begin installeer, klik Open of Laat loop hierdie program uit die huidige ligging.
          • Om die afgelaaide lêer na u rekenaar te kopieer sodat u dit later kan installeer, klik Stoor of Stoor hierdie program op die skyf.
        • Die opsteller van die Internet Explorer 7-taalpak sal in die basistaal van u bedryfstelsel wees.

    Gewilde aflaailêers

    Loading your results, please wait...

    Gratis PR-bywerkings

    • Sekuriteitsregstellings
    • Sagteware-bywerkings
    • Dienspakke
    • Hardeware-aandrywers