Office

Microsoft Office Language Interface Pack 2007 - Afrikaans

Wysig taal:
Die Microsoft Office Language Interface Pack 2007 - Afrikaans voorsien 'n Afrikaanse gebruikerkoppelvlak vir talle Microsoft Office 2007-programme.
  • Besonderhede

    Weergawe:
    Datum gepubliseer:

    1

    2009/08/10

    Lêernaam:
    Lêergrootte:

    LanguageInterfacePack.exe

    17.4 MB

    LIP_Help.chm

    228 KB

    Microsoft_Office_Excel.pptx

    1.3 MB

    Microsoft_Office_Outlook.pptx

    2.7 MB

    Microsoft_Office_PowerPoint.pptx

    2.7 MB

    Microsoft_Office_Word.pptx

    1.8 MB

    +
      Die Microsoft Office Language Interface Pack 2007 - Afrikaans voorsien 'n Afrikaanse gebruikerskoppelvlak vir:
      • Microsoft Office Excel 2007

      • Microsoft Office Outlook 2007

      • Microsoft Office PowerPoint 2007

      • Microsoft Office Word 2007
  • Stelselvereistes

    Ondersteunde bedryfstelsels:

    Windows Vista Service Pack 1, Windows XP Service Pack 3

      • Programmatuur vereis: Die Engels (VSA)-weergawe van enige van die Microsoft Office 2007-suites wat Excel, Outlook, Powerpoint of Word bevat.
      • Skyfspasievereistes: Benewens die hardeskyfspasie wat gebruik word deur tans geïnstalleerde Office 2007-programme, word 20 megagreep (MG) beskikbare hardeskyfspasie vereis.
  • Instruksies

      Om hierdie aflaai-lêer te installeer:
      1. Laai die LanguageInterfacePack.exe lêer af deur die Aflaai -knoppie (bo) te klik en die lêer na jou harde skyf te stoor.
      2. Dubbelklik die LanguageInterfacePack.exe programlêer op jou harde skyf om die Opstelling-program te begin.
      3. Volg die instruksies op die skerm om die installasie te voltooi.
      4. Wanneer dit eers geïnstalleer is, kan die ReadMe-lêer vir jou Microsoft Office 2007 Language Interface Pack gevind word by C:\Program Files\Common Files\microsoft shared\OFFICE12\LCID\LIPread.htm
      5. Die opgradering van Office 2003 met Office 2003 Language Interface Pack na Office 2007 met Office 2007 Language Interface Pack word nie ondersteun nie. As jy graag jou basisinstallasie van Office 2003 na Office 2007 met Office 2007 Language Interface Pack wil opgradeer, moet jy die volgende te doen:
        • Deïnstalleer Office 2003 Language Interface Pack
        • Laat Office 2007-opstelling loop en kies die opgradeer-opsie.
        • Wanneer Office 2007-opstelling voltooi is, installeer en konfigureer Office 2007 Language Interface Pack.

        • Besig om jou Office-produkte te aktiveer:
        • As jy probleme ondervind om die hele Installasiekode op die “Microsoft Office Activation Wizard”-dialoog te lees, of as die hele installasiekode nie reg vertoon wanneer jy Microsoft® Office Language Interface Pack 2007 gebruik nie, kanselleer asseblief die Ghoeroe en skakel oor na jou Afrikaans-produk om jou Microsoft Office-produk te aktiveer.


      Instruksies vir gebruik:

      Om jou gebruikerskoppelvlak oor te skakel na die taal van die Microsoft Office Language Interface Pack 2007 - Afrikaans, volg hierdie stappe:

      1. Maak Microsoft Office 2007-taalinstellings uit die kieslysBegin\Alle Programme\Microsoft Office\Microsoft Office-nutsmiddelsoop.
      2. Kies die Vertoontaal -duimgids en in die Display Microsoft Office-kieslyste en -dialoogblokkies in: -aftreklys, en kies die taal wat jy wil vertoon. Die taal wat jy gekies het, behoort nou die verstekvertoontaal te wees.
      3. In die Vertoontaal -duimgids het jy die opsie om die Office-skerm met jou Windows-skerm te laat ooreenstem. Jou huidige Windows-taal sal vir jou gelys word. As jy wil hê dat die Office-skerm met jou Windows-skerm ooreenstem, kies die kiesblokkieStel die Microsoft Office-skermtaal dat dit ooreenstem met die Windows-skermtaal.Hierdie instelling oorheers die keuse wat jy gemaak het in die Vertoon Microsoft Office-kieslyste en -dialoogblokkies -lys.
      4. Kies in die Redigeertale -duimgids kies die taal wat jy wil aktiveer uit dieBeskikbare Redigeertale -lys en klik Voeg by.Die taal wat jy gekies het, behoort nou gelys te word in die Geaktiveerde Redigeertale -lys.
      5. Kies in die Redigeertale -duimgids die taal wat jy wil hê jou Primêre Redigeertaal moet wees uit die Primêre Redigeertaal -lys.
      6. Klik op die Goed -knoppie.

      Die taalinstellings wat jy gekies het, sal in werking tree wanneer jy die volgende keer jou Office-toepassings begin.
      Nota: Hulp kan nie oorgeskakel word na die taal van die Microsoft Office Language Interface Pack 2007 - Afrikaans nie. Hulp sal altyd in die taal van jou oorspronklike installasie bly.
      Stel altyd jou vertoonhulp in die aftreklys op die basistaal.

      Om hierdie aflaai-lêer te verwyder:
        Volg hierdie stappe vir Windows XP Home- of Professional-uitgawe:
      1. Gaan uit alle programme.
      2. Dubbelklik die Voeg programme by of Verwyder programme -ikoon in die Windows-beheerpaneel.
      3. Klik Microsoft Office Language Interface Pack 2007 in die Tans geïnstalleerde programme -blokkie, en klik dan die Verwyder -knoppie.
      4. Volg die instruksies op die skerm.

        Volg hierdie stappe vir Windows Vista:
      1. Gaan uit alle programme.
      2. Dubbelklik die Programme en Eienskappe -ikoon in die Windows -Beheerpaneel.
      3. In die Deïnstalleer of Verander 'n Program -opsie, klik Microsoft Office Language Interface Pack 2007 - Afrikaans in die Tans geïnstalleerde programme -blokkie, en kies dan die Deïnstalleer -opsie.
      4. Volg die instruksies op die skerm.

  • Verwante hulpbronne

Gewilde aflaailêers

Gratis PR-bywerkings

  • Sekuriteitsregstellings
  • Sagteware-bywerkings
  • Dienspakke
  • Hardeware-aandrywers
Hardloop Microsoft Update
sluit
moreinfo