Gebruik Skermwenkvertalings om die teks van skermelemente – soos knoppies, kieslyste en dialoogblokkies – in 'n ander taal te vertoon.
Note:There are multiple files available for this download.Once you click on the "Download" button, you will be prompted to select the files you need.
screentiplanguage_af-za_32bit.exe
screentiplanguage_af-za_64bit.exe
Verander die Skermwenktaal om vertalings van skermelemente – soos knoppies, kieslyste en dialoogblokkies – in 'n ander taal te vertoon en om gebruikers te help om deur geïnstalleerde Microsoft Office-toepassings te navigeer wat in 'n taal is wat hulle nie verstaan nie.
'n Paar gebruikscenarios is:
- Tweetalige en veeltalige taalbystand
- Hulpingenieurs kan ondersteuning bied vir tale wat hulle nie verstaan nie
- Gebruikers wat Office tydelik in 'n ander taal of vir 'n kort tydperk gebruik (Swerwingsgebruikers)
- Gedeelde rekenaartaalgebruik
Ondersteunde bedryfstelsels:
Windows 7; Windows 8 Release Preview
-
Ondersteunde Microsoft Office-toepassings:
Microsoft Office Word 2013, Microsoft Office Excel 2013, Microsoft Office Outlook 2013, Microsoft Office PowerPoint 2013, Microsoft Office OneNote 2013, Microsoft Office Visio 2013, Microsoft Office Publisher 2013
Oos-Asiatiese en Komplekse Skrip-tale kan vereis dat ondersteuningslêers geïnstalleer moet wees. Dit kan deur die Beheerpaneel in ‘Streeks- en Taalopsies’ gedoen word.
Hoe om hierdie aflaai te installeer:
- Kliek die Aflaai-knoppie op hierdie blad om te begin.
- Doen een van die volgende:
- Om die installasie dadelik te begin, kliek Laat loop.
- Om die aflaai vir 'n latere geleentheid op jou rekenaar te stoor, kliek Stoor.
- Om die installasie te kanselleer, kliek Kanselleer.
Hoe om die Skermwenktaal af te skakel of te verander:
- Kliek op die Office-lêerknoppie, kies Opsies, kies Taal en stel die Skermwenktaal na 'Pas by Skermtaal'.
Hoe om hierdie aflaai te verwyder:
- Gaan vanuit die Begin-kieslys na die Beheerpaneel.
- Dubbelkliek Aanvul/Verwyder programme.
- In die lys van huidig-geïnstalleerde programme, kies Microsoft Office-skermwenktaal en kliek dan Verwyder of Aanvul/Verwyder. Indien 'n dialoogblokkie verskyn, volg die instruksies om die program te verwyder.
- Kliek Ja of Goed om te bevestig dat u die program wil verwyder.