*
Microsoft*
Results by Bing
-aflaaisentrum 
Soektog
Gevorderde soektog

Microsoft Office Language Interface Pack 2010 – Afrikaans

Snelbeskrywing
Die Microsoft Office Language Interface Pack 2010 – Afrikaans verskaf ’n Afrikaanse gebruikerskoppelvlak vir baie Microsoft Office 2010-programme.

Op hierdie bladsy

Snelbesonderhede
Weergawe:1
Datum gepubliseer:2011/07/21
Taal:Afrikaans
Aflaaigrootte:207 kG - 34.4 MG*
*hang af van gekose afgelaaide komponente.

Wysig taal:
  

Oorsig

Die Microsoft Office Language Interface Pack 2010 – Afrikaans verskaf ’n Afrikaanse gebruikerskoppelvlak vir:
  • Microsoft Office Excel 2010

  • Microsoft Office OneNote 2010

  • Microsoft Office Outlook 2010

  • Microsoft Office PowerPoint 2010

  • Microsoft Office Word 2010

 Na die begin van die bladsy

Stelselvereistes

  • Ondersteunde bedryfstelsels: Windows 7; Windows Vista; Windows XP
  • Benodigde programmatuur: Enige suite of alleenstaankopie van Microsoft Office 2010 wat een of meer van die volgende toepassings bevat: Excel, OneNote, Outlook, PowerPoint of Word.
  • Skyfspasie-vereistes: Bo en behalwe die hardeskyfspasie wat tans deur geïnstalleerde Office 2010-programme gebruik word, word 20 megagrepe (MG) beskikbare hardeskyfspasie benodig.

 Na die begin van die bladsy

Instruksies

Om hierdie aflaailêer te installeer:
  1. Laai die LanguageInterfacePack.exe-lêer af deur die Aflaailêer-knoppie (hierbo) te klik en die lêer na jou hardeskyf te stoor.
  2. Dubbelklik die LanguageInterfacePack.exe-programlêer op jou hardeskyf om die Opstelprogram te begin.
  3. Volg die instruksies op die skerm om die installasie te voltooi.
  4. Nadat jy die Microsoft Office 2010 Language Interface Pack geïnstalleer het, sal jy die leesmy-lêer kan kry by C:\Program Files\Common Files\microsoft shared\OFFICE14\LCID\LIPread.htm
  5. Die opgradering van Office 2007 met Office 2007 Language Interface Pack of ’n vorige uitgawe van Office 2010 met Office 2010 Language Interface Pack word nie ondersteun nie. As jy jou basisinstallasie van Office 2007 na Office 2010 wil opgradeer met Office 2010 Language Interface Pack moet jy die volgende doen:
    • Deïnstalleer Office 2007 Language Interface Pack
    • Laat loop Office 2010-opsteller en kies die opgradering-opsie.
    • Wanneer Office 2010-opsteller klaar is, installeer en konfigureer Office 2010 Language Interface Pack


    • Aktivering van jou Office-produk:
    • As jy ’n probleem het om die volledige Installasiekode op die "Microsoft Office Activation Wizard"-dialoog te lees, of as die hele installasiekode nie korrek vertoon wanneer jou Microsoft® Office Language Interface Pack 2010 gebruik word nie, kanselleer asseblief die ghoeroe en skakel oor na jou Engels VSA-produk om jou Microsoft Office-produk te aktiveer.


Instruksies vir gebruik:

Om jou Gebruikerskoppelvlak na die taal van die Microsoft Office Language Interface Pack 2010 – Afrikaans te wissel, volg hierdie stappe:

  1. Laat loop Microsoft Office 2010-taalvoorkeure vanaf die Begin\Alle Programme\Microsoft Office\Microsoft Office-Nutsmiddels-kieslys.
  2. Kies onder Kies Skerm-en Hulptaal, onder Vertoontaal, die verlangde taal en klik op die Stel as Verstek-knoppie.
  3. Kies onder Kies Redigeertale die verlangde taal en klik op die Stel as Verstek-knoppie.
  4. Klik Goed.

Die taalinstellings wat jy geselekteer het, sal in werking tree die volgende keer wat jy jou Office-toepassings begin.
Nota: Hulp kan nie oorgeskakel word na die taal van die Microsoft Office Language Interface Pack 2010 – Afrikaans nie. Hulp sal altyd in die taal van jou oorspronklike installasie bly.
Stel altyd jou skermhulp in die aftrek-kieslys na die basistaal.

Om hierdie aflaailêer te verwyder:
    Volg hierdie stappe op die Windows XP Home- of Professional-uitgawe:
  1. Gaan uit alle programme.
  2. Dubbelklik die Voeg By of Verwyder Programme-ikoon in die Windows-Beheerpaneel.
  3. Klik Microsoft Office Language Interface Pack 2010 in die Tans Geïnstalleerde Programme-blokkie, en klik dan die Verwyder-knoppie.
  4. Volg die instruksies op die skerm.

    Volg hierdie stappe op Windows Vista of Windows 7:
  1. Gaan uit alle programme.
  2. Dubbelklik die Programme en Kenmerke-ikoon in die Windows-Beheerpaneel.
  3. In die Deïnstalleer of Verander ’n Program-opsie, klik Microsoft Office Language Interface Pack 2010 – Afrikaans in die Tans Geïnstalleerde Programme-blokkie, en selekteer dan die Deïnstalleer-opsie.
  4. Volg die instruksies op die skerm.



As jy nie die inhoud van die CHM-lêer kan sien nadat jy dit afgelaai het nie, kan jy die volgende stappe neem wat jou in staat sal stel om die inhoud te sien:
  1. Maak die omslag oop waarin jy die CHM-lêer afgelaai het.
  2. Regsklik op die CHM-lêer en vanuit die kieslys wat verskyn, kies Eienskappe.
  3. In die Algemeen-duimgids, klik die Deblokkeer-knoppie en klik dan die OK-knoppie.
  4. Dubbelklik op die CHM-lêer en jy sal nou die inhoud daarvan kan sien.

 Na die begin van die bladsy

Lêers in hierdie aflaai-aksie

Die skakelings in hierdie afdelings kom ooreen met afsonderlike lêers wat in hierdie aflaai-aksie beskikbaar is. Laai die lêers wat die geskikste vir u is, af.
Lêernaam:Lêergrootte

languageinterfacepack-x64-af-za.exe

18.0 MG

languageinterfacepack-x86-af-za.exe

16.2 MG

O14LipHelp.chm

207 kG

 Na die begin van die bladsy

 Na die begin van die bladsy


©2013 Microsoft Corporation. Alle regte voorbehou. Kontak Ons |Voorwaardes vir Gebruik |Trademarks |Privaatheidsverklaring