Trace Id is missing

Windows 7-taalkoppelvlakpak

Windows 7-taalkoppelvlakpak (LIP) bied 'n gedeeltelik gelokaliseerde gebruikerkoppelvlak van die mees algemeen gebruikte dele van Windows 7.

Belangrik! Deur ’n taal hieronder te kies, sal die volledige bladsyinhoud dinamies na daardie taal verander.

  • Weergawe:

    1.0

    Datum gepubliseer:

    2010-11-05

    Lêernaam:

    LIP_af-ZA-32bit.mlc

    LIP_af-ZA-64bit.mlc

    Lêergrootte:

    2.5 MB

    3.9 MB

    Windows-taalkoppelvlakpak (LIP) bied 'n gedeeltelik vertaalde weergawe van die mees algemeen gebruikte dele van Windows. Nadat die LIP geïnstalleer is, sal die teks in ghoeroes, dialoogblokkies, kieslyste, en Hulp en Ondersteuning-onderwerpe in die LIP-taal vertoon word. Die teks wat nie vertaal is nie, sal in die basistaal van Windows 7 wees. As jy byvoorbeeld ’n Spaanse weergawe van Windows 7 aangekoop het en jy installeer ’n Katalaanse LIP sal van die teks in Spaans bly. Jy kan meer as een LIP op ’n enkele basistaal installeer. Windows LIP's kan op alle Windows 7-weergawes geïnstalleer word.
  • Ondersteunde bedryfstelsels

    Windows 7

    • Microsoft Windows 7
    • Installering van die vereiste basistaal van Windows 7: Engels
    • 4.63 Mb beskikbare spasie vir aflaai
    • 15 Mb beskikbare spasie vir opstelling

  • WAARSKUWING: As jy BitLocker enkripsie geaktiveer het, skort dit asseblief op voordat die LIP geïnstalleer word. Maak die Control Panel oop, kies System and Security, en dan BitLocker Drive Encryption. Klik op Suspend Protection.

    Omdat daar afsonderlike aflaailêers vir die 32-bis-en 64-bis-weergawes van die Windows 7 LIP is, moet jy voordat jy met die aflaai begin, bepaal watter weergawe van Windows 7 jy geïnstalleer het: Die volgende toon aan hoe om te bepaal watter weergawe van Windows 7 jy geïnstalleer het:

    klik op die Start-knoppie en regsklik dan op Rekenaar en kies Properties. Dit sal die basiese inligting oor jou rekenaar vertoon.
    Kyk in die Stelselseksie vir die Stelseltipe. Dit sal aandui of jou Windows 7-bedryfstelsel ’n 32-bis-bedryfstelsel of ’n 64-bis-bedryfstelsel is.

    Ten einde die 32-bis weergawe te installeer, kan jy óf:

    1. Klik die Aflaailêer knoppie, klik dan Open om die LIP te installeer


    2. óf

    3. Klik die Aflaailêer knoppie
      • Klik dan Save om die lêer op jou rekenaar te kopieer,
      • Navigeer na die afgelaaide lêer en dubbel-klik dan daarop om die LIP te installeer

    Ten einde die 64-bis weergawe te installeer, moet jy opsie 2 gebruik.