Trace Id is missing

Microsoft® Office Language Interface Pack 2013 – Afrikaans

Microsoft Office Language Interface Pack 2013 - Afrikaans verskaf 'n vertaalde gebruikerskoppelvlak vir baie van die Microsoft Office 2013-toeps.

Belangrik! Deur ’n taal hieronder te kies, sal die volledige bladsyinhoud dinamies na daardie taal verander.

  • Weergawe:

    2013

    Datum gepubliseer:

    2017-03-08

    Lêernaam:

    languageinterfacepack-x64-af-za.exe

    languageinterfacepack-x86-af-za.exe

    Lêergrootte:

    16.2 MB

    15.7 MB

      Microsoft Office Language Interface Pack 2013 - Afrikaans verskaf 'n vertaalde gebruikerskoppelvlak vir die volgende Microsoft Office 2013-toeps:

    • Microsoft Excel® 2013

    • Microsoft OneNote® 2013

    • Microsoft Outlook® 2013

    • Microsoft PowerPoint® 2013

    • Microsoft Word® 2013


    • Deur die Microsoft Office Language Interface Pack 2013 - Afrikaans te gebruik, kan gebruikers in die ondersteunde oorspronklike installasietaalweergawes van Office-toepassings werk en bevele en opsies vir daardie toepassings in - Afrikaans bekyk.

      Gedurende die installasie van Microsoft Office Language Interface Pack 2013, word lêers wat gebruikers in staat stel om die taal van die gebruikerskoppelvlak te verander, na die bestemmingshardeskyf gekopieer. Ná installasie, is die vermoëns en ooreenkomstige opsies van Microsoft Office Language Interface Pack 2013 - Afrikaans van binne Office 2013-toeps en die Microsoft Office 2013-taalinstellingstoep beskikbaar.
  • Ondersteunde bedryfstelsels

    Windows 7, Windows 8

      Microsoft Windows 7 - 32- of 64-bis BS
      Microsoft Windows 8 - 32- of 64-bis BS
      Let op: Maak asseblief seker dat jy die jongste dienspakke vir jou bedryfstelsel installeer om optimale ondersteuning vir jou taal te verseker.

    Sagteware Enige weergawe van Office 2013 suite of alleenstaande wat Microsoft Excel, Microsoft OneNote, Microsoft Outlook, Microsoft PowerPoint of Microsoft Word bevat, sal die Microsoft Office Language Interface Pack 2013 ondersteun - Afrikaans. Let op: Maak asseblief seker om die jongste Microsoft Office-dienspakke vir jou Microsoft Office-produkte te installeer. Dit sal 'n beter gebruikerervaring verseker.

    Rekenaar en verwerker 1 GHz-verwerker met SSE2-ondersteuning of hoër; 2 GG-RAM of hoër

    Skyfspasie Bykomend tot die hardeskyfspasie wat deur geïnstalleerde Office 2013-toeps gebruik word,
  • 3 GG van beskikbare hardeskyfspasie.

  • Alle ander stelselvereistes is dieselfde as dié van die Office 2013-toeps wat jy met Microsoft Office Language Interface Pack 2013 gebruik - Afrikaans.


  • Windows Language Interface Pack Dit word aanbeveel om die jongste Windows 7 of Windows 8 Language Interface Packs vir optimale taalondersteuning vir jou bedryfstelsel en sagtewaretoeps te installeer.

    Advertensie-DPI-instellings vir monitorresolusie Baie fonts is geskep om optimaal by 1366 x 768-resolusie te lees. Indien jy nie jou taalfont kan lees nie, werk asseblief jou skerminstellings na hierdie resolusie of hoër by indien nodig. Let asseblief op: ons stel voor jy gebruik die Office 2013-toeps teen die Windows-verstek DPI-instelling - 96 DPI. Gebruik van die 120 DPI-instelling kan dalk 'n swak Office-gebruikerservaring in party Office-toeps tot gevolg hê deur Office dialooggroottes te vergroot.

    Streeks- en taalopsies Bykomend word dit ook aanbeveel dat alle Streeks- en taalopsies in Beheerpaneel is gestel na die taal van die Microsoft Office Language Interface Pack 2013 - Afrikaans.

  • Om hierdie aflaai te installeer:
    1. Laai af LanguageInterfacePack.exe lêer deur te klik Laai af knoppie (hierbo) en stoor die lêer na jou hardeskyf.
    2. Dubbelklik die LanguageInterfacePack.exe programlêer op jou hardeskyf om die Opstellingsprogram te begin.
    3. Volg die instruksies op die skerm om die installasie te voltooi.
    4. Sodra die readme-lêer vir jou Microsoft Office 2013 Language Interface Pack geïnstalleer is, kan dit gevind word by C:\Program Files\Common Files\microsoft shared\OFFICE15\1078\LIPread.htm.
    5. Bywerking van Office 2010 met Office 2010 Language Interface Pack of 'n vroeër weergawe na Office 2013 met Office 2013 Language Interface Pack is word nie ondersteun nie. Indien jy jou basis-installasie van Office 2010 na Office 2013 met Office 2013 Language Interface Pack wil opgradeer, moet jy:
      • Deïnstalleer Office 2010 Language Interface Pack.
      • Loop Office 2013-opstelling en kies die bywerk-opsie.
      • Wanneer Office 2013-opstelling voltooi is, installeer en konfigureer Office 2013 Language Interface Pack.



    Om jou Office-produk te aktiveer:
    Indien jy nie die hele installasiekode op die "Microsoft Office-aktiveringsghoeroe"-dialoog kan sien nie of die hele installasiekode vertoon nie korrek wanner jy jou Microsoft Office Language Interface Pack 2013 gebruik nie, kanselleer asseblief die ghoeroe en skakel oor na jou Engelse produk om jou Microsoft Office-produk te aktiveer.

    Instruksies vir gebruik:
    Om jou gebruikerskoppelvlak na die taal van die Microsoft Office Language Interface Pack 2013 – Afrikaans oor te skakel, volg hierdie stappe:

    1. Laat loop Microsoft Office 2013-taalvoorkeure van die Begin\Alle programme\Microsoft Office\Microsoft Office-nutsmiddels kieslys.
    2. Onder Kies Skerm- en hulptale, onder Skermtaal selekteer die vereiste taal en klik op die Stel as verstek knoppie.
    3. Onder Kies Redigeertale, kies die taal wat benodig word en klik op die Stel as verstek knoppie.
    4. Klik die Goed knoppie.


    Die taalinstellings wat jy geselekteer het, sal in werking tree wanneer jy die volgende keer jou Office-toeps begin.
    Let op: Hulp kan nie oorgekskale word na die taal van die Microsoft Office Language Interface Pack 2013 – Afrikaans nie. Hulp sal altyd in die taal van jou oorspronklike installasie bly.
    Stel altyd jou skermhulp in die aftreklys na die basistaal.

    Om hierdie aflaai te verwyder:
  • Verlaat alle Microsoft Office-programme.
  • Dubbelklik die Programme en kenmerke ikoon in die Windows Beheerpaneel.
  • In die Deïnstalleer of verander 'n program opsie, klik Microsoft Office Language Interface Pack 2013 – Afrikaans in die Programme wat tans geïnstalleer is blokkie, selekteer dan Deïnstalleer opsie.
  • Volg die instruksies op die skerm.