OneNote is jou digitale notaboek om alles op al jou toestelle vas te lê en te organiseer. Skryf jou idees neer, bly op hoogte van klaskamer- en vergaderingnotas, knip vanaf die web of maak ’n om-te-doen-lysie, asook teken en skets jou idees.
TIK, SKRYF EN TEKEN
• Skryf enige plek op die bladsy en gee jou verbeelding vrye teuels
• Gebruik jou toestel se pen of jou vinger om met verskillende soorte penne en kleurmerkers te skryf en te teken
• Neem notas op ’n wit agtergrond, of voeg ’n rooster of liniaalreëls by vir maklike teken en skryf
LÊ ENIGIETS VAS
• Neem vinnig ’n nota deur die Nota-knoppie in die Aksiesentrum en op ondersteunde penne te klik*
• Stuur webwerwe, resepte, dokumente en meer na OneNote met die Deel-kitsie, Microsoft Edge, Clipper, Office-Lens en ’n klomp ander toepassings en dienste
RAAK GEORGANISEERD
• Soek en vind enigiets in jou notas, insluitend handgeskrewe ink en die teks in prente
• Verkry vinnig toegang tot jou mees onlangse notas, volledig met visuele voorskoue van elke bladsy
• Eenkliktoegang tot om-te-doen-lyste met merkblokkies
GEMAAK VIR SPANWERK
• Deel maklik jou notaboeke en notas met kollegas, familie en vriende
• Beplan vakansies, deel vergaderingnotules of klasnotas met mense om jou
• Redigeer saam notas en sien veranderings in reële tyd
ALTYD BY JOU
• Jou notas gaan saam met jou of jy nou by die huis, op kantoor of op die pad is
• Notas word outomaties in die wolk gestoor en gesinchroniseer, so jy het altyd die jongste op al jou toestelle
• Jou notaboeke lyk dieselfde op al jou toestelle, so jy kan aangaan waar jy opgehou het op jou werkskerm, tablet of mobiele toestel
Gaan kyk na die webwerf, hou van ons op Facebook, volg ons op Twitter en besoek die blog vir die jongste nuus:
onenote.com
facebook.com/onenote
twitter.com/msonenote
blogs.office.com/onenote
*Sommige bykomstighede word apart verkoop; afhanklik van hardeware.