U Dienste-ooreenkoms verduidelik
Ons werk tans die Microsoft-Dienste-ooreenkoms by, wat van toepassing is op u gebruik van aanlyn Microsoft-verbruikersprodukte en -dienste. Ons doen hierdie bywerkings om ons bepalings te verduidelik en te verseker dat dit vir u deursigtig bly, sowel as om nuwe Microsoft-produkte, -dienste en -kenmerke te dek.
Dié bywerkings, wat hier onder opgesom word, sal op 30 September 2025 in werking tree. Indien u voortgaan om ons produkte of dienste op óf ná 30 September 2025 te gebruik, stem u in tot die bygewerkte bepalings van die Microsoft-Dienste-ooreenkoms.
Veel voorkomende vrae
Wat is die Microsoft-Dienste-ooreenkoms?
Die Microsoft-Dienste-ooreenkoms is ’n ooreenkoms tussen u en Microsoft (of een van sy geaffilieerde maatskappye) wat bepaal hoe u Microsoft se aanlyn verbruikersprodukte en -dienste mag gebruik. U kan hier ’n volledige lys gedekte produkte en dienste sien.
Watter produkte en dienste word nie deur die Microsoft-Dienste-ooreenkoms gedek nie?
Die Microsoft-Dienste-ooreenkoms geld nie vir produkte en dienste wat aan volumelisensiëringskliënte gewy word nie, insluitende Microsoft 365 vir besigheid-, onderwys- of regeringskliënte, Azure, Yammer of Skype for Business. Vir verbintenisse ten opsigte van sekuriteit, privaatheid en nakoming, asook verwante inligting wat vir Microsoft 365 vir besighede geld, besoek asseblief die Microsoft-vertrouesentrum by https://www.microsoft.com/trust-center/product-overview.
Val Gebruikersondersteuning onder hierdie bepalings?
Ja, hierdie bepalings is van toepassing op enige ondersteuning vir Microsoft se gebruikersdienste, maar sluit professionele dienste (d.w.s. ondersteuning of konsultasie) uit wat aan ondernemingskliënte aangebied of verskaf word (byvoorbeeld onderhewig aan die Microsoft Besigheid- en Dienste-ooreenkoms, of ander Microsoft-ondernemingsproduk- of dienste-ooreenkoms).
Watter veranderinge maak Microsoft aan die Microsoft-Dienste-ooreenkoms?
Ons het ’n opsomming van die vernaamste veranderinge hier verskaf.
Om al die veranderinge te sien, beveel ons aan dat u die volledige Microsoft-Dienste-ooreenkoms lees.
Wanneer tree hierdie bepalings in werking?
Die bywerkings aan die Microsoft-Dienste-ooreenkoms sal op 30 September 2025 in werking tree. Tot dan bly u huidige bepalings van krag.
Hoe aanvaar ek hierdie bepalings?
Deur ons produkte of dienste op of ná 30 September 2025 te gebruik of daartoe toegang te verkry, stem u in tot die bygewerkte Microsoft-Dienste-ooreenkoms. Indien u nie instem nie, kan u besluit om gebruik van die produkte en dienste te staak en u Microsoft-rekening voor 30 September 2025 te sluit.