U Privaatheid
1. U Privaatheid. U privaatheid is vir ons belangrik. Lees asseblief die Microsoft-privaatheidstelling (https://go.microsoft.com/fwlink/?LinkId=521839) (die "Privaatheidstelling") wat die tipes data beskryf wat ons van u en u toestelle versamel ("Data"), hoe ons u data gebruik, en die regsbasis waarvolgens ons u data moet verwerk. Die Privaatheidstelling beskryf ook hoe Microsoft jou inhoud gebruik, wat jou kommunikasie met andere is; plasings wat deur jou via die Dienste na Microsoft gestuur is; en die lêers, foto’s, dokumente, klank, digitale werke, lewende stromings en video’s wat jy oplaai, stoor, uitsaai, skep, genereer of bekend maak via die dienste, of enige imputte wat jy maak om inhoud te skep (“Jou inhoud”). In gevalle waar verwerking gebaseer is op toestemming en in soverre die wet dit toelaat, stem u in tot Microsoft se versameling, gebruik en bekendmaking van u inhoud en data soos beskryf in die Privaatheidstelling. In sommige gevalle sal ons afsonderlik kennis gee en u toestemming vra soos waarna in die Privaatheidstelling verwys word.
U Inhoud
2. U Inhoud. Baie van ons Dienste stel u in staat om u Inhoud te skep, berg of te deel, of om materiaal van ander te ontvang. Ons maak nie aanspraak op eienaarskap van u Inhoud nie. U Inhoud bly u s´n en u is verantwoordelik daarvoor.
- a. Wanneer u u Inhoud met ander mense deel, begryp u dat hulle u Inhoud wêreldwyd kan gebruik, berg, opneem, reproduseer, uitsaai, versend, deel en vertoon vir die doel waarvoor u u Inhoud op die Dienste beskikbaar gemaak het, sonder om u daarvoor te vergoed. Moenie die Dienste gebruik om u Inhoud te deel as u nie aan ander daardie vermoë wil gee nie. U stel dit en waarborg dat u vir die duur van hierdie Bepalings al die nodige regte het (en sal hê) vir u Inhoud wat u op of deur die Dienste oplaai, berg of deel, en dat die versameling, gebruik en hou van u Inhoud nie tot enige wetsoortreding of skending van ander se regte sal lei nie. Microsoft besit nie, beheer nie, verifieer nie, betaal nie vir, onderskryf nie, en aanvaar geen aanspreeklikheid vir u Inhoud nie, en kan nie verantwoordelik gehou word vir u Inhoud of die materiaal wat ander met behulp van die Dienste oplaai, berg of deel nie.
- b. U verleen aan Microsoft 'n wêreldwye, tantieme vrye intellektuele eiendomsreg-lisensie om U Inhoud te gebruik in die mate wat nodig is om die Dienste aan u en ander te verskaf, om u en die Dienste te beskerm, en om Microsoft se produkte en dienste te verbeter, byvoorbeeld om afskrifte te maak van u Inhoud op die Dienste, dit te hou, versend, herformateer, vertoon en deur kommunikasienutsmiddels te versprei. Indien u u Inhoud in dele van die Diens publiseer waar dit sonder beperkings algemeen aanlyn beskikbaar is, kan u Inhoud moontlik in demonstrasies of materiaal verskyn wat die Diens bevorder. Party van die Dienste word deur advertensies gesteun. Beheermaatreëls wat sê hoe Microsoft advertensies verpersoonlik, is beskikbaar by https://choice.live.com. Ons gebruik nie dinge wat u in e-posse, kletsgesprekke, video-oproepe of stempos kwytraak, of u dokumente, foto's of ander persoonlike lêers om advertensies op u te rig nie. Die Privaatheidstelling dek die besonderhede van ons advertensiebeleid.
- c. Microsoft bied u die toegang tot u uitvoerbare data deur die Microsoft privaatheidspaneelbord (https://account.microsoft.com/privacy) of die produk-gebruiker koppelvlak, wanneer dit met jou Microsoft rekening geïdentifiseer word. Hierdie uitvoerbare data kan gebruik word om oor te skakel na derdeparty verskaffer-dienste. Microsoft behou die reg voor om die uitvoer van data wat die sekuriteit van die dienste of Microsoft se intellektuele eiendom mag skaad te beperk. Indien u nie in staat is om u data deur hierdie kanale uit te voer nie, kontak Microsoft by die adres in die Hoe om ons te kontak afdeling (https://privacy.microsoft.com/privacystatement#mainhowtocontactusmodule) of deur van ons web vorm (https://go.microsoft.com/fwlink/?linkid=2126612gebruik te maak).
Gedragskode
3. Gedragskode. Jy is toerekenbaar vir jou optrede en inhoud terwyl jy van die Dienste gebruik maak.
- a. Deur tot hierdie Terme toe te stem, stem u in dat wanneer u die Dienste gebruik, insluitend KI-dienste wat outonoom of met wisselende grade van menslike intervensie besluite neem of aksies neem, sal u die volgende reëls volg:
- i. Moenie enigiets onwettigs doen nie, of probeer om inhoud te skep of deel wat onwettig is nie.
- ii. Moenie betrokke raak by enige aktiwiteit wat kinders uitbuit, leed aandoen of dreig om hulle leed aan te doen nie.
- iii. Moenie gemorspos stuur of in enige uitvissery betrokke raak nie, of probeer om wanware te skep of te versprei nie. Gemorspos is ongewenste of ongevraagde massaversending van e-posse, plasings, kontakversoeke, SMS'e (teksboodskappe), kitsboodskappe of soortgelyke elektroniese kommunikasie. Uitvissery is die stuur van eposse of ander elektroniese kommunikasiemetodes om bedrieglike of onwettige ontvangers inlei om persoonlike of sensitiewe informasie te onthul, soos wagwoorde, geboortedatums, Identiteitsnommers, paspoortnommers, kredietkaartinformasie, finansiële informasie of ander sensitiewe informasie of om toegang te verkry tot rekeninge of rekords, exfiltrasie van dokumente of ander sensitiewe informasie, betaling en/of finansiële voordeel. Wanware sluit enige aktiwiteit in wat ontwerp is om tegniese skade te verrig, soos die aflewering van kwaadwillige uitvoerbares, organisering van die ontkenning van diensaanvalle of bestuur van bevel-en-beheer bedieners.
- iv. Moenie in die publiek materiaal uitstal wat die Diens gebruik om ongepaste materiaal te skep of deel of materiaal (insluitend bv.. naaktheid, dierlikheid, pornografie, aanstootlike taal, grafiese geweld, selfbesering, of kriminele aktiwiteite) of U Inhoud of materiaal wat nie aan plaaslike wette of regulasies voldoen nie.
- v. Moenie in enige aktiwiteit betrokke raak wat bedrieglik, vals of misleidend (bv.. aanvra van geld onder valse voorwendsels, identiteitsbedrog pleeg, skepping van valse rekeninge, outomatisering van onoutentiese aktiwiteite, skepping of deel van inhoud wat doelbewus bedrieglik, manipulerend van die Diens is om speltelling te verhoog, range te affekteer, gewildheidsgradering of kommentare beïnvloed) of naamskendend of eerskendend is nie.
- vi. Moenie enige beperkinge omseil rakende toegang tot, gebruik van of beskikbaarheid van die Dienste (bv.. pogings om 'n AI sisteem te 'jailbreak' of ontoelaatbare skraping uit te voer) nie.
- vii. Moenie betrokke raak in aktiwiteite wat skadelik is vir jou, die Dienste, of andere (bv.. oordrag van virusse, bekruipery, pogings om inhoud te skep of deel wat teister, afknou of ander bedreig, terroristiese of gewelddadige ekstremistiese inhoud plaas, haatspraak kommunikeer of geweld teen andere voorstaan nie).
- viii. Moenie inbraak maak of die regte van ander oortree (bv.. ongemagtigde deel van kopiereg-beskermde musiek of ander kopieregbeskermde materiaal, herverkoop of verspreiding van Bing-kaarte, of neem van foto's of video/oudio-opnames van ander sonder hul toestemming vir prosessering van 'n individu se biometriese identifiseerders/informasie of enige ander doel deur gebruik te maak van die Dienste).
- ix. Moenie betrokke raak by aktiwiteite wat ander mense se privaatheid of databeskermingsregte skend nie.
- x. Moenie ander help om hierdie reëls te breek nie.
- Meer informasie oor ons beleide, moderasie en handhawingsprosedures en diensspesifieke bepalings is beskikbaar by aka.ms/trustandsafety.
Gebruik van die Dienste en Ondersteuning
4. Gebruik van die Dienste en Ondersteuning.
- a. Microsoft-rekening. U gaan 'n Microsoft-rekening nodig hê om toegang tot baie van die Dienste te kry. U Microsoft-rekening stel u in staat om aan te teken by produkte, webwerwe en dienste wat deur Microsoft en party Microsoft-vennote verskaf word.
- i. Skep 'n Rekening. U kan ’n Microsoft-rekening skep deur aanlyn aan te sluit. U stem in om nie enige vals, onakkurate of misleidende inligting te gebruik wanneer u u Microsoft-rekening oopmaak nie. In party gevalle kon 'n derdeparty, soos u Internetdiensverskaffer, moontlik 'n Microsoft-rekening aan u toegewys het. Indien u u Microsoft-rekening by 'n derdeparty gekry het, kan die derdeparty moontlik bykomende regte op u rekening hê, soos die vermoë om toegang tot u Microsoft-rekening te verkry of om dit te skrap. Gaan asseblief enige bykomende bepalings na wat die derdeparty aan u gegee het, aangesien Microsoft geen verantwoordelikheid vir hierdie bykomende bepalings aanvaar nie. Indien u 'n Microsoft-rekening namens 'n entiteit soos u onderneming of u werkgewer skep, stel u voor dat u die wettige gesag het om daardie entiteit aan hierdie Bepalings te verbind. U mag nie u Microsoft-rekening se magtigingsbewyse na ’n ander gebruiker of entiteit oordra nie. Hou u rekeningbesonderhede en wagwoord vertroulik ten einde u rekening te beskerm. U is verantwoordelik vir alle aktiwiteit wat op u Microsoft-rekening plaasvind.
- ii. Rekeninggebruik. U moet u Microsoft-rekening gebruik om dit aktief te hou. Dit beteken dat u ten minste een keer binne ’n tweejaartydperk by u Microsoft-rekening en verwante Dienste moet aanmeld om dit aktief te hou, tensy daar vir ’n langer tydperk in die Microsoft-rekening se aktiveringsbeleid by https://go.microsoft.com/fwlink/p/?linkid=2086738 voorsiening gemaak word, of in ’n aanbod vir ’n betaalde deel van die dienste gemaak word. Indien u nie binne hierdie tydperk aanteken nie, sal ons aanneem dat u Microsoft-rekening onaktief is en dit namens u sluit. Raadpleeg asseblief afdeling 4.a.iv.2 om te sien watter gevolge die sluiting van ’n Microsoft-rekening inhou. U moet ten minste een keer binne 'n eenjaartydperk by u Outlook.com-inboks en (afsonderlik) by u OneDrive aanteken, anders sal ons u Outlook.com-inboks en u OneDrive namens u sluit. As ons rede het om te vermoed dat daar ’n risiko is dat u Microsoft-rekening bedrieglik deur ’n derdeparty gebruik word (bv. as u rekening binnegedring is), kan Microsoft moontlik u rekening opskort totdat u weer eienaarskap kan opeis. Dit mag dalk vir ons nodig wees om, gegrond op die aard van die skending, toegang tot van of al U Inhoud te deaktiveer. Indien u sukkel om toegang tot u Microsoft-rekening te kry, besoek asseblief hierdie webwerf: https://go.microsoft.com/fwlink/?LinkId=238656.
- iii. Kinders en Rekenings. Deur die skepping van 'n Microsoft rekening of die gebruik van die Dienste, aanvaar en stem u in daartoe om deur hierdie Terme gebonde te wees en stel u voor dat u of "meerderjarigheid" bereik het of "wettiglik verantwoordelik" gehou kan word in die area waar u leef of u ouer of voog stem in daartoe om verbonde te wees tot hierdie Bepalings namens jou. Indien u nie weet of u "meerderjarigheidsouderdom" of "wettige verantwoordbaarheid" bereik het in die area waar u bly nie, of nie hierdie afdeling verstaan nie, vra asseblief u ouer of wettige voog vir hulp. Indien u die ouer of wettige voog van ’n minderjarige is, aanvaar u en die minderjarige hierdie Bepalings en stem u albei in om deur hierdie Bepalings gebind te word en is u verantwoordelik vir alle gebruik van die Microsoft-rekening of Dienste, insluitend aankope, ongeag of die minderjarige se rekening nou oop is of later geskep word.
- iv. Sluiting van U Rekening.
- 1. U kan enige tyd en om enige rede spesifieke Dienste kanselleer of u Microsoft-rekening sluit. Besoek asseblief https://go.microsoft.com/fwlink/p/?linkid=618278 om u Microsoft-rekening te sluit. Wanneer u ons vra om u Microsoft rekening te sluit, kan u kies om dit in 'n opgeskorte hoedanigheid te plaas vir of 30 of 60 dae vir ingeval u van plan verander. Na die tydperk van 30- of 60 dae periode, sal u Microsoft-rekening gesluit wees. Raadpleeg asseblief die onderstaande afdeling 4.a.iv.2 vir ’n verduideliking van wat gebeur wanneer u Microsoft-rekening gesluit word. Deur terug aan te meld tydens die opskortperiode sal u Microsoft-rekening weer geaktiveer word.
- 2. As u Microsoft-rekening gesluit word (hetsy deur u of ons), gebeur ’n aantal dinge. Eerstens stop u reg om die Microsoft-rekening te gebruik om toegang tot die Dienste te verkry onmiddellik. Tweedens sal ons data of u inhoud wat met u Microsoft-rekening geassosieer word, skrap of dit andersins van u en u Microsoft-rekening dissosieer (tensy ons wettiglik verplig is om dit te behou, terug te stuur of dit aan u of ’n derde party wat deur u geïdentifiseer is, oor te dra). U moet 'n gereelde rugsteunplan hê, aangesien Microsoft nie u Inhoud of Data kan herroep nadat u rekening gesluit is nie. Derdens kan u toegang tot produkte wat u verkry het, verloor.
- b. Moderasie en Handhawing. Baie van ons Dienste wat u toelaat om interaksie mee te hê, te skep, te genereer en inhoud met ander te deel maak gebruik van sekuriteitssisteme om ons Dienste en ander gebruikers te beskerm.
- i. Beleide. Ons Gedragskode identifiseer wat verbode is wanneer ons Dienste gebruik word. Ons inhoud en gedragsbeleide kan gevind word by hier (https://www.microsoft.com/DigitalSafety/policies). Spesifieke Dienste het bykomende beleide en gemeenskapsstandaarde wat van toepassing is op hul gebruikers, wat hier (https://aka.ms/trustandsafety) beskikbaar is.
- ii. Meld Kommer Aan. U kan kommerwekkende inhoud of optrede wat ons Gedragskode oorskry hier (https://aka.ms/reportconcerns) aanmeld.
- iii. Hersien. Waar van toepassing mag ons geoutomeerde sisteme en mense gebruik om inhoud te hersien om verdagte gemorspos, virusse, bedrog, uitvissery, skadelike programmatuur, onwettige sagteware, of ander onwettige of skadelike inhoud of optrede te identifiseer.
- iv. Afdwinging. Ons behou die reg om enige inhoud te weier indien dit perke op stoorspasie of leêrgrootte soos toegelaat deur die Diens oorskry. Ons mag inhoud blokkeer, verwyder of weier om dit ten toon te stel indien dit blyk dat dit ons Gedragskode of ander Diensbeleid oorskry of waar vereis word volgens wet. Indien u hierdie bepalings of Beleide (https://aka.ms/trustandsafety) oortree, mag ons teen u rekening optree. Dit kan perke op die toegang tot sekere kenmerke of Dienste, die staking van Diensvoorsiening, onmiddellike sluiting van jou Microsoft rekening of blokkering van aflewering van kommunikasie (soos e-pos, leêrdeling of onmiddellike boodskappe) na of van die Dienste, insluit. Sluiting van jou toegang tot ´n Diens of jou rekening, mag dalk lei tot opskortings van of verbeuring van inhoudlisensies, meegaande inhoud, lidmaatskappe, en Microsoft-rekeningsaldo's wat met die rekening geassosieer word. Wanneer beweerde oortredings van hierdie Bepalings hersien word, behou Microsoft die reg om inhoud te hersien om die kwessie op te los. Ons kan egter nie al die Dienste moniteer nie en wend geen pogings aan om dit te doen nie. Vir meer informasie oor die moderasie en handhawingsprosesse, (https://www.microsoft.com/DigitalSafety/moderation-and-enforcement), Diens-spesifieke terme, Addisionele beleide en riglyne (https://www.microsoft.com/DigitalSafety/policies/additional-guidelines), en appèlle (https://www.microsoft.com/DigitalSafety/moderation-and-enforcement/appeals), besigtig https://aka.ms/trustandsafety. Informasie oor ons beleid rakende eise van intellektuele eiendoms-betreding mag gevind word by KENNISGEWINGS.
- c. Werk- of Skoolrekeninge. U kan inteken op sekere Microsoft dienste met 'n werks- of skool-e-posadres. Indien wel, dan stem u in dat die eienaar van die domein wat met u e-posadres geassosieer word, moontlik van die bestaan van u Microsoft-rekening en sy geassosieerde intekeninge in kennis gestel kan word, u rekening kan beheer en administreer, en toegang tot u data kan verkry en dit kan verwerk, insluitend die inhoud van u kommunikasies en lêers, en dat Microsoft die eienaar van die domein in kennis mag stel indien die rekening of data in gevaar gestel is. Verder stem u in dat u gebruik van die Microsoft-dienste onderhewig kan wees aan die ooreenkomste wat Microsoft met u of u organisasie het en dat hierdie Bepalings dalk nie kan geld nie. Indien u reeds ’n Microsoft-rekening het en ’n afsonderlike e-posadres van die werk of skool gebruik om toegang te verkry tot Dienste wat deur hierdie Bepalings gedek word, kan u dalk gepor word om die e-posadres by te werk wat met u Microsoft-rekening geassosieer word om te kan voortgaan om toegang tot sulke dienste te verkry.
- d. Addisionele Toerusting/Dataplanne. Om baie van die Dienste te gebruik, sal u 'n internetverbinding en/of data/sellulêre plan nodig hê. U sal moontlik ook bykomende toerusting soos ’n kopstuk, kamera of mikrofoon nodig hê. U is verantwoordelik om alle verbindings, kontrakte en toerusting te verskaf wat nodig is om die Dienste te gebruik, en om die fooie te betaal wat deur die verskaffer(s) van u verbindings, kontrakte en toerusting gehef word. Daardie fooie is bo en behalwe enige fooie wat u aan ons vir die Dienste betaal, en ons sal u nie vir sodanige fooie vergoed nie. Hoor by u diensverskaffer(s) of daar enige sulke fooie is wat op u van toepassing kan wees.
- e. Dienskennisgewings. Wanneer daar iets is wat ons u moet meedeel oor ’n Diens wat u gebruik, sal ons vir u Dienskennisgewings stuur. Indien u die gebruik van u e-posadres of telefoonnommer vir u Microsoft-rekening gemagtig het, kan ons moontlik vir u Dienskennisgewings per e-pos of per SMS (teksboodskap) stuur. Dit kan insluit om u identiteit te bevestig voordat u selfoonnommer geregistreer word en dat u aankope geverifieer word. Ons kan dalk ook vir u Dienskennisgewings stuur deur ander metodes te gebruik (byvoorbeeld deur boodskappe binne produkte). Data of boodskap-kostes mag toepaslik wees wanneer kennisgewings d.m.v. SMS verkry word.
- f. Ondersteuning. Steun vir van die Dienste is beskikbaar by https://support.microsoft.com en word oorheers deur hierdie terme, en sekere dienste kan moontlik afsonderlike of bykomende kliëntesteundienste bied, onderhewig aan die bepalings wat by addisionele bepalings, beskikbaar is, tensy anders vermeld. Bystand is moontlik nie beskikbaar vir voorbeskou- of beta-weergawes van kenmerke of dienste nie. Die beskikbaarheid van Ondersteuning mag verskil, gebaseer op die produk lewensiklus en u moet van 'n geskikte en geldig gelisensieerde Diens(te) wat die toepaslike minimumvereistes vir ondersteuning bevredig, soos beskryf in die Microsoft Lewensiklus (https://learn.microsoft.com/lifecycle). Die Dienste is moontlik nie versoenbaar met sagteware of dienste wat deur derdepartye verskaf word nie; u is verantwoordelik om uself op hoogte van versoenbaarheidsvereistes te bring.
- g. Beëindiging van u Dienste. Indien u Dienste gekanselleer word (hetsy deur u of deur ons), stop u reg op toegang tot die Dienste onmiddellik en u lisensie vir die sagteware wat met die Dienste geassosieër word, eindig. Tweedens sal ons Data of u Inhoud wat met u Diens geassosieer word, skrap of dit andersins van u en u Microsoft-rekening dissosieer (tensy ons wettiglik verplig is om dit te behou, terug te stuur of dit aan u of ’n derde party wat deur u geïdentifiseer is, oor te dra). As gevolg hiervan sal u dalk nie meer toegang tot enige van die Dienste hê nie (of U Inhoud wat u op daardie Dienste gestoor het nie). U moet ’n gereelde rugsteunplan hê. Derdens kan u toegang tot produkte wat u verkry het, verloor. As u u Microsoft-rekening gekanselleer het en geen ander rekening het om mee toegang tot die Dienste te verkry nie, kan u Dienste moontlik dadelik gekanselleer word.
Gebruik van Derdepartytoepassings en -dienste
5. Gebruik van Derdepartytoepassings en -dienste. Die Dienste kan u moontlik toelaat om toegang te verkry tot produkte, dienste, webwerwe, skakels, inhoud, materiaal, speletjies, vaardighede, integrasies, botte of toepassings van onafhanklike derde partye (maatskappye of mense wat nie Microsoft is nie) (“Derdepartytoepassings en -dienste”). Baie van ons Dienste help u ook om Derdepartytoepassings en -dienste te vind, versoeke daaraan te rig of daarmee te kommunikeer, of stel u in staat om U Inhoud of Data met sulkes te deel. U begryp dat, deur van ons Dienste gebruik te maak, u hulle aanwys om Derdepartytoepassings en -dienste aan u beskikbaar te stel. Die Derdepartytoepassings en -dienste kan u moontlik ook toelaat of vereis om U Inhoud of Data by die uitgewer, verskaffer of operateur van die Derdepartytoepassings en -dienste te berg. Die Derdepartytoepassings en -dienste kan moontlik ’n privaatheidsbeleid aan u voorhou, of vereis dat u hul bepalings moet aanvaar voordat u die Derdepartytoepassing of -diens kan installeer of gebruik. Verwys na afdeling 13.b vir bykomende bepalings vir toepassings wat deur sekere Winkels verkry word wat deur Microsoft of hul geaffilieerdes besit of bedryf word (waaronder onder andere die Office-Winkel, Microsoft Store op Xbox en die Microsoft Store op Windows). U moet die derdepartybepalings en -privaatheidsbeleide nagaan voordat u enige Derdepartytoepassings en -dienste verkry, gebruik, versoek, of aan u Microsoft-rekening koppel. Geen derdepartybepalings wysig hierdie Bepalings nie. Microsoft lisensieer nie enige intellektuele eiendom aan u as deel van enige Derdepartytoepassings of -dienste nie. U stem in om alle risiko en aanspreeklikheid wat uit u gebruik van hierdie Derdepartytoepassings en -dienste spruit te aanvaar, en dat Microsoft nie verantwoordelik is vir enige kwessies wat uit u gebruik daarvan voortspruit nie. Microsoft is nie verantwoordelik of aanspreeklik teenoor u of enigiemand anders vir inligting of dienste wat deur enige Derdepartytoepassings of -dienste verskaf word nie.
Diensbeskikbaarheid
6. Diensbeskikbaarheid.
- a. Die Dienste, Derdeparty-toepassings en -dienste, of materiaal of produkte wat via die Dienste gebied word, kan moontlik van tyd tot tyd onbeskikbaar wees, op 'n beperkte grondslag gebied word, of na gelang van u streek of toestel wissel. Indien u die ligging verander wat aan u Microsoft-rekening gekoppel word, sal u moontlik materiaal of toepassings moet heraanskaf wat in u vorige streek beskikbaar was en waarvoor u betaal het. U stem in om nie toegang tot, of gebruik van, materiaal of Dienste te verkry wat onwettig of nie gelisensieer is in die land vanwaar u sodanige toegang of gebruik verkry nie, en om nie u ligging of identiteit te verberg of te vervals ten einde toegang tot, of gebruik van, sodanige materiaal of Dienste te verkry nie.
- b. Ons streef daarna om die Dienste aan die gang te hou. Alle aanlyn dienste word egter af en toe ontwrig en onderbreek; Microsoft is nie aanspreeklik vir enige ontwrigting of verlies wat u moontlik as gevolg daarvan kan ly nie. Indien daar 'n onderbreking is, sal u moontlik nie U Inhoud of Data wat u geberg het, kan herwin nie. Ons beveel aan dat u U Inhoud en Data wat u op die Dienste of winkel deur middel van Derdeparty-toepassings en -dienste berg, gereeld rugsteun.
Bywerkings aan die Dienste of Sagteware, en Veranderings aan Hierdie Bepalings
7. Bywerkings aan die Dienste of Sagteware, en Veranderings aan Hierdie Bepalings.
- a. Ons kan hierdie Bepalings te eniger tyd verander; ons sal u laat weet wanneer ons dit doen. Indien u die Dienste gebruik nadat die veranderings van krag word, beteken dit dat u tot die nuwe bepalings instem. Indien u nie tot die nuwe bepalings instem nie, moet u ophou om die Dienste te gebruik, u Microsoft-rekening sluit en, indien u ’n ouer of voog is, u minderjarige kind help om sy of haar Microsoft-rekening te sluit.
- b. U sal partykeer sagtewarebywerkings nodig hê om aan te hou om die Dienste te gebruik. Ons mag dalk outomaties u weergawe van die sagteware nagaan en sagtewarebywerkings of opstelveranderings aflaai. Daar kan moontlik ook van u verwag word om die sagteware by te werk om aan te hou om die Dienste te gebruik. Sulke bywerkings is onderhewig aan hierdie Bepalings, tensy ander bepalings die bywerkings vergesel, in welke geval die ander bepalings geld. Microsoft is nie verplig om enige bywerkings beskikbaar te stel nie, en waarborg nie dat ons die weergawe van die stelsel sal steun waarvoor u die sagteware, toepassings, inhoud of ander produkte aangekoop of gelisensieer het nie. Sulke bywerkings kan moontlik nie versoenbaar wees met sagteware of dienste wat deur derdepartye verskaf word nie. U kan u toestemming vir toekomstige sagtewarebywerkings te eniger tyd terugtrek deur die sagteware van die toestel te verwyder.
- c. Daarby kan daar kere wees wanneer ons die Diens se kenmerke of funksionaliteit moet verwyder of verander, of heeltemal moet ophou om 'n Diens te lewer of toegang tot Derdepartytoepassings en -Dienste te verleen. Ons is onder geen verpligting om ’n heraflaailêer of plaasvervanger te verskaf vir enige materiaal, Digitale Goedere (soos omskryf in afdeling 13.i) of toepassings wat voorheen aangekoop is nie, behalwe in die mate waarin toepaslike wetgewing dit vereis. Ons kan dalk die Dienste of hul kenmerke in ’n voorskou- of beta-weergawe vrystel, wat moontlik nie foutvry of op dieselfde manier as die finale weergawe sal werk nie.
- d. Digitaleregtebestuur- (DRB-) sagteware kan moontlik ’n aanlyn regtebediener outomaties kontak en DRB-bywerkings aflaai en installeer sodat u materiaal wat met behulp van DRB beskerm word – soos party musiek, speletjies, flieks, boeke en meer – kan gebruik.
Sagtewarelisensie
8. Sagtewarelisensie. Enige sagteware wat deur ons aan u verleen word as deel van die Dienste is onderworpe aan hierdie bepalings, tensy dit vergesel word van ’n afsonderlike Microsoft-lisensieooreenkoms (byvoorbeeld, indien u ’n Microsoft-toepassing gebruik wat ingesluit is by en ’n deel is van Windows, dan geld die Microsoft-programmatuurlisensiebepalings vir die Windows-bedryfstelsel vir sodanige sagteware). Toepassings wat via sekere winkels verkry word wat deur Microsoft of hul geaffilieerdes besit of bedryf word (waaronder onder andere die Office-winkel, Microsoft Store op Windows en Microsoft Store op Xbox) is onderworpe aan afdeling 13.b.i hier onder.
- a. Indien u aan hierdie Bepalings voldoen, ken ons aan u die reg toe om een kopie van die sagteware per toestel te installeer en – op 'n wêreldwye grondslag vir gebruik deur een persoon op 'n slag – as deel van u gebruik van die Dienste te gebruik. Vir sekere toestelle kan sodanige sagteware dalk vooraf geïnstalleer wees vir u persoonlike, niekommersiële gebruik van die Dienste. Die sagteware of webwerf wat deel van die Dienste vorm, kan moontlik derdepartykode insluit. Enige derdepartyskrifte of -kode wat aan die sagteware of webwerf gekoppel is of daardeur verwys word, word deur die derdepartye wat daardie kode besit aan u gelisensieer, en nie deur Microsoft nie. Kennisgewings, indien enige, oor die derdepartykode word slegs ter inligting ingesluit.
- b. Die sagteware word gelisensieer, nie verkoop nie, en Microsoft behou alle regte op die sagteware voor wat nie uitdruklik – hetsy deur implikasie, teruggangsverbod of andersins – deur Microsoft toegeken word nie. Hierdie lisensie gee nie aan u enige reg om die volgende te doen nie, en u mag nie:
- i. enige tegnologiese beskermingsmaatreëls in die sagteware of Dienste, of wat daarmee verband hou, omseil of ontduik nie;
- ii. enige sagteware of ander aspek van die Dienste wat by die Dienste ingesluit word of wat daardeur toeganklik is uitmekaar haal, opdeel, ontsyfer, kraak, naboots, uitbuit of die ontwerp afkyk nie, behalwe – en slegs in die mate wat – toepaslike kopieregwetgewing dit uitdruklik toelaat;
- iii. komponente van die sagteware of die Dienste skei om op verskillende toestelle te gebruik nie;
- iv. die sagteware of die Dienste publiseer, kopieer, huur, verhuur, verkoop, uitvoer, invoer, versprei of uitleen nie, tensy Microsoft u uitdruklik magtig om dit te doen;
- v. die sagteware, enige sagtewarelisensies of enige regte om toegang tot die Dienste te kry of dit te gebruik, oordra nie;
- vi. die Dienste op enige ongemagtigde manier gebruik wat enigiemand anders se gebruik daarvan kan belemmer, of wat toegang tot enige diens, data, rekening of netwerk verkry nie;
- vii. aktiveer toegang tot die dienste of verander ’n Microsoft-gemagtigde toestel (bv. Xbox-konsoles, Microsoft Surface, ens.) deur ongemagtigde derdeparty-toepassings.
Betalingsvoorwaardes
9. Betalingsvoorwaardes. Indien u 'n Diens koop, geld hierdie betalingsbepalings vir u aankoop en u stem daartoe in.
- a. Kostes. Indien daar koste met 'n deel van die Dienste gepaardgaan, stem u in om daardie koste in die gespesifiseerde geldeenheid te betaal. Die prys wat vir die Dienste vermeld word, sluit alle toepaslike belastings en wisselkoersvereffenings uit, tensy anders vermeld. Alle pryse vir betaalde Skype-produkte sluit toepaslike belastings in, tensy anders vermeld. Slegs u is verantwoordelik vir die betaling van sulke belastings of ander kostes. Skype bereken belastings op grond van die woonadres wat met u rekeninginligting verband hou. Dit is u verantwoordelikheid om te verseker hierdie adres is bygewerk en akkuraat. Met die uitsondering van Skype-produkte word belastings op grond van u ligging ten tyde van u Microsoft-rekening se registrasie bereken, tensy plaaslike wetgewing ’n ander grondslag vir die berekening daarvan stipuleer. Ons kan die Dienste opskort of kanselleer indien ons nie betyds 'n volle betaling van u ontvang nie. Opskorting of kansellering van die Dienste weens wanbetaling kan lei tot 'n verlies van toegang tot en die gebruik van u rekening en die inhoud daarvan. Koppeling aan die internet via ’n korporatiewe of ander privaat netwerk wat u ligging verskuil, kan veroorsaak dat kostes verskil van dié wat vir u werklike ligging vertoon word. Afhangende van u ligging mag sommige transaksies dalk omskakeling van buitelandse valuta vereis of in 'n ander land verwerk word. U bank mag dalk bykomende tariewe vir daardie dienste hef wanneer u 'n debiet- of kredietkaart gebruik. Kontak asseblief u bank vir besonderhede.
- b. U Rekening. Wanneer u op 'n Diens inteken, sal u gevra word om 'n betalingsmetode te verskaf om die kostes vir daardie Diens te betaal. U kan vir alle dienste buiten Skype, toegang verkry tot u faktuurinligting en betalingsmetode en dit op die Microsoft-rekeningbestuurswebwerf wysig (https://go.microsoft.com/fwlink/p/?linkid=618281) U kan vir Skype se sagteware en produkte dieselfde doen deur by u rekeningportaal by aan te teken https://skype.com/go/myaccount. Daarby stem u in om Microsoft toe te laat om enige bygewerkte rekeninginligting oor u gekose betalingsmetode wat deur u uitgiftebank of die toepaslike betalingsnetwerk verskaf is te gebruik. U stem in om u rekening en ander inligting stiptelik by te werk, waaronder besonderhede oor u e-posadres en betalingsmetode, sodat ons u transaksies kan afhandel en u, soos benodig, in verband met u transaksies kan kontak. Wysigings aan u bankrekening sal nie die kostes affekteer wat ons aan u bank voorlê, voordat ons redelikerwys kans gehad het om op wysigings aan u rekening te reageer nie.
- c. Fakturering. Deur ’n betalingsmetode aan Microsoft te verskaf, (i) stel u dat u gemagtig is om die betalingsmetode te gebruik wat u verskaf het en dat enige betalingsinligting wat u verskaf waar en akkuraat is; (ii) magtig u Microsoft om deur u betalingsmetode geld van u te verhaal vir die Dienste of beskikbare inhoud, en (iii) magtig u Microsoft om geld van u te verhaal vir enige betaalde kenmerk van die Dienste waarop u besluit om in te teken, of wat u gebruik terwyl hierdie Bepalings geld. Ons kan u (a) vooruit, (b) tydens aankoop, (c) kort ná aankoop of (d) op 'n herhalende grondslag vir intekendienste faktureer. Ons kan tot en met die bedrag wat u goedgekeur het van u verhaal; ons sal u vooraf in kennis stel van enige verandering in die bedrag wat vir herhalende intekendienste gehef gaan word. Ons kan u tegelykertyd faktureer vir meer as een van u vorige rekeningtydperke vir bedrae wat nie voorheen verwerk is nie.
- d. Herhalende Betalings. Wanneer u die Dienste op ’n intekenbasis aankoop (bv. maandeliks, elke 3 maande of jaarliks), erken u en stem u in dat u herhalende betalings magtig, en dat herhalende betalings volgens die metode wat u gekies het en die frekwensie waartoe u ingestem het aan Microsoft gemaak sal word, totdat die intekening op daardie Diens deur u of Microsoft beëindig word. U moet u Dienste voor die volgende faktuurdatum kanselleer om daarna nie meer vir u Dienste gehef te word nie. Ons sal instruksies aan u verskaf oor hoe om die Dienste te kanselleer. Deur herhalende betalings te magtig, magtig u Microsoft om sodanige betalings as elektroniese debiete of fondsoordragte, of as elektroniese oordragte uit u toegewese rekening (vir geoutomatiseerde klaringshuis- of soortgelyke betalings), of as kostes aan u toegewese rekening (vir kredietkaart- of soortgelyke betalings) te verwerk (gesamentlik "Elektroniese betalings"). Intekenheffings word in die algemeen vooruit vir die toepaslike intekentydperk gehef. Indien enige betaling onbetaald terugkeer, of as enige kredietkaart of soortgelyke transaksie verwerp of geweier word, behou Microsoft of sy diensverskaffers die reg voor om enige toepaslike fooi vir ’n onbetaalde versoek, weiering of onvoldoende fondse te hef, en om daardie betaling as ’n elektroniese betaling te verwerk.
- e. Aanlyn staat en foute. Vir alle dienste behalwe Skype, sal Microsoft u 'n faktuurverklaring gee webwerf vir Microsoft-rekeningbestuur (https://go.microsoft.com/fwlink/p/?linkid=618282), waar u kan sien en u verklaring kan druk. Vir Skype, kan u toegang tot u aanlynverklaring verkry deur u rekening aan te meld by www.skype.com (https://www.skype.com). Dit is die enigste rekeningstaat wat ons verskaf. As ons 'n fout op u rekening maak, moet u ons binne 90 dae laat weet nadat die fout die eerste keer op u rekening verskyn het. Ons sal die koste dan onmiddellik ondersoek. As u ons nie binne daardie tyd laat weet nie, stel u ons vry van alle aanspreeklikheid en eise om skadevergoeding wat uit die fout spruit, en sal dit nie van ons vereis word om die fout te korrigeer of 'n terugbetaling te doen nie, tensy wetgewing dit anders vereis. Indien Microsoft 'n rekeningfout geïdentifiseer het, sal ons daardie fout binne 90 dae regstel. Hierdie beleid affekteer nie enige wetlike regte wat moontlik geld nie.
- f. Terugbetalingsbeleid. Tensy anders bepaal deur die wet, alle voorwardes van 'n spesifieke diens, is alle aankope finaal en nie terugbetaalbaar nie. Indien u reken dat Microsoft verkeerdelik koste op u rekening gehef het, moet u binne 90 dae vanaf so 'n koste met ons in verbinding tree. Geen terugbetalings sal gedoen word vir kostes wat meer as 90 dae oud is nie, tensy wetgewing dit anders vereis. Ons behou die reg voor om terugbetalings of krediete na eie goeddunke te doen of uit te reik, tensy wetgewing dit anders vereis. Indien ons 'n terugbetaling doen of krediet uitreik, is ons onder geen verpligting om dieselfde of iets soortgelyks in die toekoms te doen nie. Hierdie terugbetalingsbeleid affekteer nie enige wetlike regte wat moontlik geld nie. Vir meer inligting oor terugbetaling, besoek asseblief ons hulponderwerp (https://go.microsoft.com/fwlink/p/?linkid=618283). Indien u in Taiwan of Israel woon, let asseblief daarop dat alle aankope rakende digitale inhoud wat per ontasbare vorm en/of aanlyndienste verskaf word ingevolge die Wet op Verbruikersbeskerming en sy relevante regulasies finaal en nie terugbetaalbaar is wanneer sodanige inhoud of diens aanlyn verskaf is nie. U is nie daarop geregtig om enige afkoeltydperk of terugbetaling te eis nie.
- g. Kansellering van die Dienste. U kan 'n Diens te eniger tyd met of sonder rede kanselleer. Kansellering van betaalde Dienste sal verdere heffings om met die Diens voort te gaan, stop. Om 'n Diens te kanselleer en 'n terugbetaling te vra, indien u op een geregtig is, besoek die Microsoft-rekeningbestuurswebwerf. Vul asseblief die onttrekkingsvorm in vir Sype met die inligting wat verskaf hier (https://go.microsoft.com/fwlink/p/?linkid=618286). U moet die aanbod wat die Dienste beskryf naslaan, want (i) u ontvang moontlik nie ’n terugbetaling wanneer u kanselleer nie; (ii) u kan moontlik verplig word om kansellasiekostes te betaal; (iii) u kan moontlik verplig word om alle kostes te betaal wat op u rekening gehef word vir die Dienste vóór die kansellasiedatum, en (iv) u kan toegang tot en gebruik van u rekening verloor wanneer u die Dienste kanselleer. Indien u in Taiwan of Israel woon, (v) kan u ’n terugbetaling ontvang van ’n bedrag gelyk aan die ongebruikte gelde wat u ten tyde van die kansellering betaal het. Indien u in Israel woon, kan u op enige van die maniere wat op https://support.microsoft.com/help/4027815 gelys word, kanselleer. Kontak asseblief ’n Microsoft-verteenwoordiger telefonies om ’n terugbetaling te kry as u daarvoor kwalifiseer. Ons sal u data verwerk soos hier bo in artikel 4 beskryf. Indien u kanselleer, eindig u toegang tot die dienste aan die einde van u huidige dienstydperk, of indien ons gereeld geld van u rekening hef, aan die einde van die tydperk waarin u gekanselleer het. As u 'n terugvordering of terugskrywing by u bank begin vir die betaling van dienste, ons sal ag dat u gekanselleer het vanaf die datum waarop die oorsponklike betaling gemaak is, en u magtig ons om u diens onmiddellik to kanselleer en enige inhoud wat aan u verskaf is, in ruil vir sodanige betaling te herroep.
- h. Proeftydperk-aanbiedinge. Indien u van enige proeftydperk-aanbod gebruik maak, sal u moontlik die proefdiens(te) moet kanselleer binne die tydsbestek wat aan u gekommunikeer is toe u die aanbod aanvaar het, om te verhoed dat u rekening aan die einde van die proeftydperk gehef word om die Diens(te) voort te sit. Ons mag vir sekere proeftydperk-aanbiedinge vereis dat outo-hernuwing aangeskakel is.
- i. Promosie-aanbiedinge. Van tyd tot tyd kan Microsoft Dienste moontlik vir 'n proeftydperk gratis aanbied. Microsoft behou die reg voor om geld vir sodanige Dienste van u te verhaal (teen die normale tarief) indien Microsoft besluit (na eie redelike goeddunke) dat u die bepalings van die aanbod misbruik.
- j. Prysveranderinge. Ons kan die prys van die Dienste enige tyd wysig. Indien u ’n herhalende aankoop gedoen het, sal ons u minstens 15 dae voor die prysverandering per e-pos of op ander redelike maniere in kennis stel. Indien u nie tot die prysverandering instem nie, moet u die Dienste kanselleer en ophou om dit te gebruik voordat die prysverandering in werking tree. Indien daar 'n vaste termyn en prys vir u Diensaanbod is, sal daardie prys vir die duur van die termyn geld.
- k. Betalings aan u. Indien ons 'n betaling aan u moet doen, stem u in om enige inligting wat ons nodig het om daardie betaling te doen betyds en akkuraat aan ons te verskaf. Onderhewig aan die toepaslike wetgewing, is u verantwoordelik vir alle belasting en kostes wat u mag opdoen as gevolg van hierdie betaling aan u. U moet ook voldoen aan enige ander voorwaardes wat ons aan u reg tot enige betaling stel. Indien u foutiewelik 'n betaling ontvang, kan ons die betaling omkeer of 'n terugbetaling eis. U stem in tot samewerking met ons pogings om dit te doen. Ons kan ook sonder kennisgewing die betaling aan u verminder om voorsiening te maak vir enige vorige betaling wat te hoog was.
- l. Geskenkkaarte. Verlossing en gebruik van geskenkkaarte (buiten Skype-geskenkkaarte) word gereël deur die Bepalings en Voorwaardes vir Microsoft-geskenkkaarte bepalings en voorwaardes (https://support.microsoft.com/help/10562/microsoft-account-gift-card-terms-and-conditions). Inligting oor Skype-geskenkkaarte is beskikbaar by Skype se Hulpblad (https://go.microsoft.com/fwlink/?LinkId=615383).
- m. Bankrekening-betalingsmetode. U kan ’n geskikte bankrekening op u Microsoft-rekening registreer met die oog daarop om dit as ’n betalingsmetode te gebruik. Geskikte bankrekeninge sluit in rekeninge wat by ’n finansiële instelling gehou word wat in staat is om direkte debietinskrywings te ontvang (bv. ’n finansiële instelling wat in die Verenigde State gebaseer is wat geoutomatiseerde klaringshuisinskrywings ("ACH") ondersteun, of ’n Europese finansiële instelling wat die area vir enkel-eurobetalings ("SEPA") of "iDEAL" in Nederland ondersteun. Bepalings waartoe u ingestem het toe u u bankrekening as ’n betalingsmetode by u Microsoft-rekening gevoeg het (bv. die "mandaat" in die geval van SEPA), geld ook. U stel en waarborg dat u geregistreerde bankrekening in u naam is of dat u gemagtig is om hierdie bankrekening as ’n betalingsmetode te registreer en te gebruik. Deur u bankrekening as u betalingsmetode te registreer of te selekteer, magtig u Microsoft (of sy agent) om een of meer debiete uit u bankrekening vir die totale bedrag van u aankoop of intekenfooi (in ooreenstemming met die bepalings van u intekendiens) te inisieer, (en, indien nodig, om een of meer krediete na u bankrekening te inisieer om foute te korrigeer, ’n terugbetaling uit te reik of vir soortgelyke doeleindes), en u magtig die finansiële instelling wat u bankrekening huisves om sodanige debiete af te trek of om sodanige krediete te aanvaar. U begryp dat hierdie magtiging ten volle van krag en in stand sal bly totdat u die inligting oor u bankrekening uit u Microsoft-rekening verwyder. Kontak klantesteun soos in die bostaande afdeling 4.e uiteengesit so gou moontlik indien u dink ’n verkeerde bedrag is gehef. Wetgewing wat in u land van toepassings is, kan dalk u aanspreeklikheid vir enige bedrieglike, foutiewe of ongemagtigde transaksies deur u bankrekening beperk. Deur ’n bankrekening as u betalingsmetode te registreer of te selekteer, bevestig u dat u hierdie Bepalings gelees het, dit verstaan en daartoe instem.
Kontrakterende Entiteit, Keuse van Wet en Plek vir Geskilbeslegting
10. Kontrakterende Entiteit, Keuse van Wet en Plek vir Geskilbeslegting. Wat u gebruik van gratis en betaalde Skype-gemerkte Verbruikersdienste betref, indien u buite Europa, die Midde-Ooste en Afrika woon, verwys alle vermeldings van “Microsoft” in hierdie Bepalings na Skype-Kommunikasies S.à.r.l, 23 – 29 Rives de Clausen, L-2165 Luxemburg, en sluit u kontrak met hulle, tensy anders gestipuleer hieronder. Vir gratis of betaalde Skype-gemerkte Verbruikersdienste, indien u buite Europa, die Midde-Ooste en Afrika woon, word die vertolking van hierdie bepalings en eise vir die oortreding daarvan volgens Luxemburgse wetgewing gereël, ongeag van teenstrydige regsbeginsels. Alle ander eise (insluitend eise oor verbruikersbeskerming, onbillike mededinging en delikte eise) is onderhewig aan die wette van die provinsie of land waar u woon. Indien u buite Europa, die Midde-Ooste en Afrika woon, stem u en ons onherroeplik in tot die eksklusiewe jurisdiksie en plek van die Luxemburgse howe vir alle geskille wat voortspruit uit of verband hou met die Skype-gemerkte Verbruikersdienste. Wat alle ander Dienste betref, verskyn die entiteit met wie u ’n ooreenkoms sluit, die bepalende wet en die plek vir geskilbeslegting hier onder:
- a. Kanada. Indien u in Kanada woon (of, as 'n besigheid, u onderneming hoofsaaklik daar sake doen), en u gebruk betaalde Skype-gebrandmerkte Verbruikersdienste, of indien u gratis dele van Microsoft Teams gebruik, is u in kontrak met Skype-Kommunikasies VS Korporasie, 2215-B Renaissance Rylaan, Las Vegas, NV 89119, Verenigde State. Vir alle ander gratis en betaalde kliëntedienste, sluit u 'n ooreenkoms met Microsoft Corporation, One Microsoft Way, Redmond, WA 98052, VSA. Die wette van die provinsie waar u woon (of hoofsaaklik sake doen, as dit ’n onderneming is), reël die vertolking van hierdie Bepalings, eise vir die verbreking daarvan en alle ander eise (insluitend eise vir verbruikersbeskerming, onbillike mededinging en delikte), ongeag botsende regsbeginsels. Ons en u lê ons onherroeplik neer by die uitsluitlike jurisdiksie van die howe in Ontario vir alle dispute wat weens hierdie Bepalings of die Dienste ontstaan of wat daarmee verband hou.
- b. Noord- of Suid-Amerika buite die Verenigde State en Kanada. Indien u in Noord- of Suid-Amerika buite die Verenigde State en Kanada woon (of as ’n onderneming hoofsaaklik daar sake doen, as dit ’n onderneming is), sluit u ’n ooreenkoms met Microsoft Corporation, One Microsoft Way, Redmond, WA 98052, VSA. Die wette van die deelstaat Washington reël die vertolking van hierdie Bepalings en eise vir die verbreking daarvan, ongeag die keuse van regsbeginsels. Die wette van die land waarheen ons u Dienste rig, oorheers alle ander eise (insluitend eise oor verbruikersbeskerming, onbillike mededinging en delikte).
- c. Midde-Ooste, Afrika of Europa. Indien u woon in (of indien u ’n besigheid is, en u hoofbesigheidsplek is in) die Midde-Ooste, Afrika of Europa – buiten die Europese Unie (EU), Ysland, Liechtenstein, Noorweë, Switserland en die Verenigde Koninkryk – en u gratis gedeeltes van die dienste (byvoorbeeld Bing en MSN) gebruik, is u kontrak met Microsoft Corporation, One Microsoft Way, Redmond, WA 98052, U.S.A., met dien verstande dat indien u gratis gedeeltes van Skype gebruik, u ’n kontrak aangaan met Microsoft Ireland Operations Limited, One Microsoft Place, South County Business Park, Leopardstown, Dublin 18, Ireland. Indien u betaal om ’n gedeelte van die dienste te gebruik, is u kontrak met Microsoft Ireland Operations Limited, One Microsoft Place, South County Business Park, Leopardstown, Dublin 18, Ireland. Die vertolking van hierdie Bepalings vir gratis en betaalde Dienste, en eise vir kontrakbreuk word deur die wette van Ierland oorheers, ongeag van teenstrydige regsbeginsels. Die wette van die land waarheen ons u Dienste rig, oorheers alle ander eise (insluitend eise oor verbruikersbeskerming, onbillike mededinging en delikte). Ons en u lê ons onherroeplik neer by die uitsluitlike jurisdiksie van die howe in Ierland vir alle dispute wat weens hierdie Bepalings of die Dienste ontstaan of wat daarmee verband hou.
- d. Asië of die Suidelike Stille Oseaan, tensy u land spesifiek hieronder genoem word. Indien u woon in (of indien u ’n besigheid is, en u hoofbesigheidsplek is in) Asië (buiten China, Japan, die Republiek van Korea of Taiwan) of die Suidelike Stille Oseaan-streek, en u gratis gedeeltes van die dienste (byvoorbeeld Bing en MSN) gebruik, is u kontrak met Microsoft Corporation, One Microsoft Way, Redmond, WA 98052, VSA. Indien u betaal het om ’n deel van die Dienste te gebruik, of indien u die gratis Outlook.com-diens in Singapoer of Hong Kong gebruik, is u kontrak met Microsoft Regional Sales Pte Ltd., ’n korporasie gereël ingevolge die wette van Singapoer, met sy geregistreerde adres by 182 Cecil Street, #13-01, Frasers Tower, Singapoer 069547; met dien verstande dat, indien u woon in (of indien u ’n besigheid is, en u hoofbesigheidsplek is in) Australië, u kontrak is met Microsoft Pty Ltd, 1 Denison St, North Sydney, NSW 2060, Australië, en indien u woon in (of indien u ’n besigheid is, en u hoofbesigheidsplek is in) Nieu-Seeland, u kontrak is met Microsoft New Zealand Limited, Level 5, 22 Viaduct Harbour Avenue, PO Box 8070 Symonds Street, Auckland, 1150, Nieu-Seeland. Die vertolking van hierdie bepalings vir gratis of betaalde Dienste en eise vir die oortreding daarvan word volgens die deelstaat Washington se wetgewing bepaal, ongeag of daar botsende regsbeginsels voorkom. Die wette van die land waarheen ons u Dienste rig, oorheers alle ander eise (insluitend eise oor verbruikersbeskerming, onbillike mededinging en delikte). Enige dispuut wat uit hierdie Bepalings of die Dienste buiten Skype voortspruit of wat daarmee verband hou, insluitend enige vraag oor hul bestaan, geldigheid of beëindiging, sal verwys word vir, en finaal besleg word deur, arbitrasie in Singapoer, volgens die Arbitrasiereëls van die Singapoerse Internasionale Arbitrasiesentrum (SIAC), wie se reëls deur die verwysing in hierdie klousule ingesluit word. Die Tribunaal sal uit een arbiter bestaan wat deur die President van die SIAC aangestel sal word. Die arbitrasie sal in Engels geskied. Die besluit van die arbiter sal finaal, bindend en onbetwisbaar wees, en dit kan as die grondslag van 'n vonnis in enige land of streek gebruik word.
- e. Japan. Indien u in Japan woon (of as 'n onderneming hoofsaaklik daar sake doen, as dit 'n onderneming is), en indien u gratis gedeeltes van die Dienste (soos Bing en MSN) gebruik, sluit u 'n ooreenkoms met Microsoft Corporation, One Microsoft Way, Redmond, WA 98052, VSA. Indien u betaal het om 'n deel van die Dienste te gebruik, sluit u 'n ooreenkoms met Microsoft Japan Co., Ltd (MSKK), Shinagawa Grand Central Tower, 2-16-3 Konan Minato-ku, Tokyo 108-0075. Die wette van Japan reël hierdie Bepalings vir gratis en betaalde Dienste, en enige sake wat daaruit of uit die Dienste voortspruit of wat daarmee verband hou. Ons en u lê ons onherroeplik neer by die uitsluitlike oorspronklike jurisdiksie en plek van die Tokio-distrikshof vir alle dispute wat weens hierdie Bepalings of die Dienste ontstaan of wat daarmee verband hou.
- f. Republiek van Korea.
- i. Indien u woon in (of indien u ’n besigheid is, en u hoofbesigheidsplek is in) die Republiek van Korea, en u gratis gedeeltes van die Dienste (byvoorbeeld Bing en MSN) gebruik, is u kontrak met Microsoft Corporation, One Microsoft Way, Redmond, WA 98052, V.S.A. Indien u betaal het om ´n deel van die Dienste te gebruik, is u kontrak met Microsoft Korea, Inc., 12e Vloer, A Toring, Die K-Dubbeltoring, Jongro 1 gil 50, Jongro-goe, Seoul, Republiek van Korea, 03142. Vir gratis en betaalde Dienste, oorheers die Republiek van Korea hierdie Terme en enige sake wat daaruit sou voortspring of daartoe of tot die Dienste verband sou wees. Ons en u lê ons onherroeplik neer tot die onuitsluitlike oorspronklike jurisdiksie en plek van die Seoelse Sentrale Distrikshof vir alle dispute wat weens hierdie Bepalings of die Dienste ontstaan of wat daarmee verband hou.
- ii. Indien u woon in die Republiek van Korea mag u geregtig wees op sekere regte wat onbeperk is deur 'n kontrak soos hierdie Bepalinge. Hierdie Bepalinge is in geen manier bedoel om sulke regte te beperk of om Microsoft se laste, soos volgens wet bepaal, te beperk nie. Nieteenstaande enigiets tot die teendeel van wat hierin vervat is, sal hierdie Bepalinge geld tot die mate wat dit deur die wet toegelaat word. Enige Bepalingsveranderinge (en enige verandering wat in die heffing vir die gereelde Intekendienste gehef kan word, indien van toepassing) sal ooreenstemmend met die wetsvereistes geskied.
- g. Taiwan. Indien u woon in (of indien u ’n besigheid is, en u hoofbesigheidsplek is in) Taiwan, en u gebruik gratis gedeeltes van die dienste (byvoorbeeld Bing en MSN), is u kontrak met Microsoft Corporation, One Microsoft Way, Redmond, WA 98052, VSA. Indien u betaal het om ’n deel van die dienste te gebruik, gaan u ’n kontrak aan met Microsoft Taiwan Corp., 18F, No. 68, Sec. 5, Zhongxiao E. Rd., Xinyi District, Taipei 11065, Taiwan. Vir gratis en betaalde dienste oorheers die wette van Taiwan hierdie Bepalings en enige sake wat hieruit voortspruit of wat daarmee of met die Dienste verband hou. Vir verdere besonderhede rakend Microsoft Taiwan Korp., besoek asseblief die webwerf wat deur die Republiek van China se Ministerie van Ekonomiese Sake verskaf word (https://gcis.nat.gov.tw/mainNew/). Ons en u stel die Taipeise Distrikshof onherroeplik aan as die eerste hof, met jurisdiksie oor enige dispute wat uit hierdie Bepalings of die Dienste voortspruit of wat daarmee verband hou, tot die maksimum mate waarin Taiwannese wette dit toelaat.
U plaaslike verbruikerswette kan moontlik vereis dat sekere plaaslike wette bepalend moet wees, of kan u die reg gee om ten spyte van hierdie Bepalings dispute op 'n ander platform te besleg. Indien wel, geld die keuse van wet en platform in afdeling 10 soveel as wat plaaslike verbruikerswette dit toelaat.
Waarborge
11. Waarborge.
- a. MICROSOFT EN ONS GEAFFILIEERDE MAATSKAPPYE, HERVERKOPERS, VERSPREIDERS EN VERKOPERS LEWER GEEN WAARBORGE, UITDRUKLIK OF GEÏMPLISEER, OF VOORWAARDES IN VERBAND MET U GEBRUIK VAN DIE DIENSTE NIE. U BEGRYP DAT DIE GEBRUIK VAN DIE DIENSTE OP U EIE RISIKO IS, EN DAT ONS DIE DIENSTE "VOETSTOOTS", "MET ALLE GEBREKE" EN "INDIEN BESKIKBAAR" VERSKAF. MICROSOFT WAARBORG NIE DIE AKKURAATHEID OF TYDIGHEID VAN DIE DIENSTE NIE. U KAN MOONTLIK, INGEVOLGE U PLAASLIKE WETGEWING, SEKERE REGTE HÊ. NIKS IN HIERDIE BEPALINGS HET TEN DOEL OM DAARDIE REGTE, INDIEN HULLE VAN TOEPASSING IS, AAN TE TAS NIE. U GEE TOE DAT REKENAAR- EN TELEKOMMUNIKASIESTELSELS NIE FOUTVRY IS NIE, EN DAT STAANTYD VAN TYD TOT TYD KAN VOORKOM. ONS WAARBORG NIE DAT DIE DIENSTE DEURLOPEND, BETYDS, VEILIG OF FOUTVRY SAL WEES, OF DAT VERLIES AAN INHOUD NIE SAL GEBEUR NIE; ONS WAARBORG OOK NIE ENIGE VERBINDING AAN OF TRANSMISSIE VANAF REKENAARNETWERKE NIE.
- b. ONS SLUIT ENIGE GEÏMPLISEERDE WAARBORGE UIT – INSLUITEND DIÉ OOR VERHANDELBAARHEID, BEVREDIGENDE KWALITEIT, GESKIKTHEID VIR 'N SEKERE DOEL, VAKMANSKAP EN NIE-INBREUKMAKING – IN DIE MATE WAARIN U PLAASLIKE WETGEWING DIT TOELAAT.
- c. Vir verbruikers wat in Australië woon: Ons goedere en dienste sluit waarborge in wat nie ingevolge die Australiese verbruikerswet uitgesluit kan word nie. Vir groot foute met die diens, is u geregtig op die volgende:
- om u dienskontrak met ons te kanselleer; en
- op ’n terugbetaling vir die ongebruikte gedeelte, of op vergoeding vir die verminderde waarde.
U is ook geregtig daarop om vir groot foute ’n terugbetaling of vervanging te kies. Indien ’n fout met die goedere of ’n diens nie ’n groot fout is nie, is u daarop geregtig dat die fout binne ’n redelike tyd reggestel word. Indien dit nie gedoen word nie, is u geregtig op terugbetaling vir die goedere en om die dienskontrak te kanselleer en terugbetaling van enige ongebruikte gedeelte te verkry. U is ook daarop geregtig om vergoed te word vir enige ander redelike voorsienbare verlies of skade weens ’n fout in die goedere of diens.
- d. Verbruikers wat in Nieu-Seeland woon, kan moontlik ingevolge die Nieu-Seelandse Wet op Verbruikerswaarborge wetlike regte hê; niks in hierdie Bepalings het ten doel om daardie regte aan te tas nie.
Beperking van Aanspreeklikheid
12. Beperking van Aanspreeklikheid.
- a. Indien u enige rede het om skadevergoeding te eis (waaronder verbreking van hierdie Bepalings), in die mate wat toepaslike wetgewing dit toelaat, stem u in dat u enigste regsmiddel die verhaling van direkte skadevergoeding van Microsoft of enige geaffilieerde maatskappye, herverkopers, verspreiders, Derdeparty-toepassing- en -diensverskaffers, en verkopers is – tot en met ’n bedrag gelykstaande aan u Diensfooi vir die maand waarin die verlies of verbreking plaasgevind het (of tot en met USD $10,00, indien die Dienste gratis is).
- b. In die mate wat toepaslike wetgewing dit toelaat, kan u nie enige van die volgende verhaal nie: (i) voortspruitende verliese of skade; (ii) verlies aan werklike of verwagte winste (hetsy direk of indirek); (iii) verlies aan werklike of verwagte inkomste (hetsy direk of indirek); (iv) verlies aan kontrakte of besigheid of ander verliese of skade wat uit u gebruik van die Dienste in ’n niepersoonlike hoedanigheid spruit; (v) spesiale, indirekte, insidentele of strafverwante verliese of skade; en (vi) in die mate wat wetgewing dit toelaat, direkte verliese of skade wat meer is as die perk wat in afdeling 12.a hierbo gespesifiseer word. Hierdie beperkings en uitsluitings geld as hierdie verhaling u nie ten volle vergoed vir enige verliese of mislukking van sy kerndoel nie, of as ons van die moontlikheid van die skade geweet het of moes geweet het. Hierdie beperkings en uitsluitings geld, in die maksimum mate wat die wet dit toelaat, vir enigiets of enige eise wat op hierdie Bepalings van toepassing is, vir die Dienste of die sagteware wat verband hou met die Dienste.
- c. Microsoft is nie verantwoordelik of aanspreeklik vir enige versuim of vertraging om sy verpligtinge ingevolge hierdie Bepalings uit te voer nie, in dié mate dat die versuim of vertraging deur omstandighede veroorsaak is wat redelikerwys buite Microsoft se beheer is (byvoorbeeld arbeidsgeskille, natuurrampe, oorlog of terroriste-aktiwiteit, kwaadwillige beskadiging, ongelukke of nakoming van enige toepaslike wet of regeringsbevel). Microsoft sal poog om die uitwerking van enige sodanige gebeure te minimaliseer, en om die verpligtinge wat nie daardeur geraak word nie uit te voer.
Diensverwante Bepalings
13. Diensverwante Bepalings. Die bepalings voor en ná afdeling 13 geld vir alle Dienste in die algemeen. Hierdie afdeling bevat diensverwante bepalings wat by die algemene bepalings gevoeg is. Hierdie diensverwante bepalings geld indien daar enige konflik met die algemene bepalings bestaan.
Xbox
- a. Xbox.
- i. Persoonlike, Nie-kommersiële Gebruik. Die Xbox aanlyn-diens, ("Xbox Network"), Xbox Game Studios speletjies (insluitend Mojang Games) (https://www.xbox.com/xbox-game-studios), toepassings en intekeninge (e.g., Xbox Game Pass-intekeningsdiensteaanbieding), dienste (bv., Xbox Cloud Gaming), en inhoud verskaf deur Microsoft (gesamentlik, die "Xbox-Dienste") is slegs vir u persoonlike en nie-kommersiële gebruik.
- ii. Xbox-Dienste. Wanneer u om Xbox-dienste te ontvang registreer, word inligting oor u spelpatroon, aktiwiteite en gebruik van speletjies en Xbox-Dienste gemonitor en met toepaslike derdepartye, insluitend speletjieontwikkelaars en -uitgewers, gedeel, sodat Microsoft Xbox-Dienste kan lewer en vir derdepartye om nie-Microsoft speletjies en dienste te kan bedryf. Wanneer u, daarbenewens, toegang tot Xbox-dienste via derde-party platforms of toestelle verkry, mag inligting oor u spelpatroon, aktiwiteite en gebruik van speletjies en Xbox-dienste gemonitor word en met toepaslike derdeparty-speletjieplatforms en toestelle gedeel word, soos onderworpe aan enige derdeparty-terme en privaatheidsbeleide. Indien u besluit om na 'n ander platvorm of toestel met u Microsoft-geskakelde rekening of u Microsoft rekening met sulke platvorms of toestelle skakel om toegang tot nie-Microsoft Dienste te verkry (byvoorbeeld ’n ander Derdepartytoepassing- en -Dienste-speletjie-uitgewer as Microsoft), stem u in dat: (a) Microsoft beperkte rekeninginligting en gebruiks-verwante informasie (insluitend spelernaam, spelertelling, speletjietelling, speletjiegeskiedenis, verbruiksdata en vriendelys, maar nie beperk daartoe nie) met daardie nie-Microsoft-party kan deel, soos omskryf in die Microsoft-privaatheidstelling, en (b) dat die nie-Microsoft-party ook via intra-speletjie-kommunikasie toegang tot u Inhoud kan verkry vanaf binnespeletjie kommunikasies of ander toepassings wat u gebruik, indien u Xbox se privaatheidsinstellings dit toelaat, wanneer u met die nie-Microsoft-party op u rekening ingeteken is. En indien u Xbox-privaatheidinstellings dit toelaat, kan Microsoft u naam, spelernaam, spelerfoto, leuse, avatar, speletjiesnitte en speletjies wat u gespeel het, publiseer in kommunikasie met mense wat u toelaat. Xbox-spesifieke Familieveiligheids-instellings is van toepassing waar u dit geaktiveer het, byvoorbeeld, soos van toepassing op Xbox konsole, Xbox Wolkspeletjies, en die Xbox toep op 'n persoonlike rekenaar of mobiele toestelle, maar mag nie strek tot by Xbox Game Studios speletjies of dienste wat op ander toestelle of platforms beskikbaar is en gespeel word nie. Om 'n veiliger speelervaring vir jou familie te verseker, kyk asseblief na die ouerlike instellings op hierdie ander toestelle en platvorms.
- iii. U Inhoud. U verleen aan Microsoft, sy geaffilieerde maatskappye en sublisensiehouers gratis die wêreldwye reg om, met die oog op die uitbreiding van die Xbox-dienstegemeenskap, U Inhoud of u naam, spelernaam, motto of avatar wat u op enige Xbox-diens geplaas het, te gebruik, te wysig, te reproduseer, te versprei, uit te saai, te deel en te vertoon.
- iv. Speletjiebestuurders. Sommige speletjies kan speletjiebestuurders, ambassadeurs, of gashere gebruik. Speletjiebestuurders en -gashere is nie gemagtigde Microsoft-woordvoerders nie. Hul sienings weerspieël nie noodwendig Microsoft s'n nie.
- v. Kinders en Xbox. Indien u ’n minderjarige is wat die Xbox-dienste gebruik, oefen u ouer of voog moontlik beheer uit oor baie aspekte van u rekening en ontvang hy/sy dalk verslae oor u gebruik van die Xbox-dienste. Hierdie funksies is eksklusief aan Xbox Dienste en mag nie oordra na ander platforms of toestelle nie.
- vi. Speletjievaluta of Virtuele Goedere. Die Xbox-dienste kan moontlik virtuele speletjievaluta (soos goud, munte of punte) wat gekoop kan word by of namens Microsoft deur die gebruik van werklike geldelike instrumente as u mondig geword het, soos gereken waar u woonagtig is. Die Xbox-dienste mag ook virtuele, digitale items of goedere wat by of namens Microsoft gekoop kan word met behulp van werklike geldinstrumente of met behulp van spelgeldeenheid. Speletjievaluta en virtuele goedere kan nooit by Microsoft of enige ander party vir werklike monetêre instrumente, goedere of ander items met monetêre waarde gewissel word nie. Buiten ’n beperkte, persoonlike, herroepbare, nie-oordraagbare en nie-sublisensieerbare lisensie om die speletjievaluta en virtuele goedere slegs in die Xbox-dienste te gebruik, het u geen reg of eiendomsreg op enige sodanige speletjievaluta of virtuele goedere wat in die Xbox-dienste verskyn of daaruit spruit, of enige ander hoedanighede wat met gebruik van die Dienste geassosieer word of binne die Xbox-dienste geberg word nie. Microsoft mag eniger tyd die spelgeldeenheid en/of virtuele goedere wat met enige een of meer Xbox-speletjies of apps geassosieer word, reguleer, beheer, wysig en / of elimineer, na goeddunke in die maksimum mate wat deur u plaaslike wet toegelaat word.
- vii. Sagtewarebywerkings. Ons mag outomaties kontroleer watter weergawe van die Xbox-konsolesagteware of Xbox toepassingssagteware u het en Xbox-konsole- of Xbox-toepassingssagteware-opdaterings of instellingsveranderings aflaai, vir enige toestel wat aan Xbox-Dienste kan koppel, insluitend dié wat u verhoed dat u Xbox-Dienste kan verkry, deur gebruik van ongemagtigde Xbox-speletjies of Xbox-toepassings, of deur middel van die gebruik van ongemagtigde hardeware-randtoestelle met ’n Xbox-konsole.
- viii. Bedrog en Peutersagteware. Vir enige toestel wat aan Xbox-dienste kan verbind, kan ons outomaties u toestel nagaan vir ongemagtigde hardeware of sagteware wat dit in stryd met die Gedragskode of hierdie Bepalings moontlik maak om te verneuk of te peuter, en bywerkings vir Xbox-toepassingsagteware of opstelveranderings aflaai, waaronder dié wat verhoed dat u toegang tot die Xbox-dienste verkry, of ongemagtigde hardeware of sagteware gebruik wat dit moontlik maak om te verneuk of te peuter.
- ix. Addisionele Inskrywingsbepalings en -Voorwaardes. Xbox Diensinskrywings is onderhewig aan bykomende bepalings en voorwaardes soos uiteengesit in die Xbox Inskrywingsbepalings en -Voorwaardes | Xbox (https://www.xbox.com/legal/subscription-terms).
- x. Onaktiewe Xbox-Diensinskrywings. Microsoft mag u herhalende rekeninge afstel en ophou om herhalende kostes te hef in uitverkose lande indien u nie u Xbox dienste vir 'n sekere tyd gebruik nie. Microsoft sal 'n kennisgewing aan jou stuur voordat hulle herhalende rekeninge afstel. Vir verdere besonderhede, insluitend toepaslike tydperk van onaktiwiteit, sien Onaktiewe Inskrywing Gereelde Vrae | Xbox Ondersteuning (https://support.xbox.com/en-GB/help/subscriptions-billing/manage-subscriptions/xbox-subscription-inactivity-policy).
- xi. Bykomende eind-gebruiker-lisensieooreenkomste en gedragskodes. Party Xbox-dienste mag hul eie gebruiksterme en gedragskodes hê.
Winkel
- b. Winkel. “Winkel” verwys na ’n diens wat u in staat stel om te blaai, af te laai, te koop, en om toepassings (die term “toepassing” sluit speletjies in) en ander digitale inhoud te beoordeel en te resenseer. Hierdie bepalings dek die gebruik van sekere winkels wat deur Microsoft of hul geaffilieerdes besit of bedryf word (waaronder onder andere die Office-winkel, Microsoft Store op Windows en Microsoft Store op Xbox). “Office-winkel” verwys na ’n winkel vir Office-produkte en toepassings vir Office, Microsoft 365, SharePoint, Exchange, Access en Project (2013-weergawes of nuwer), of enige ander ervaring wat met “Office-winkel” gemerk is. “Microsoft Store op Windows” beteken ’n winkel wat deur Microsoft of hul geaffilieerdes besit en bedryf word vir Windows-toestelle soos telefoon, rekenaar en tablet, of enige ander ondervinding wat met “Microsoft Store” gemerk is en wat op Windows-toestelle soos telefoon, rekenaar of tablet toeganklik is. “Microsoft Store op Xbox” beteken ’n winkel wat deur Microsoft of hul geaffilieerdes besit en bedryf word vir Xbox-konsoles, of enige ander ondervinding wat met “Microsoft Store” gemerk is en op ’n Xbox-konsole toeganklik is.
- i. Lisensiebepalings. Ons sal die uitgewer van elke toepassing wat in die betrokke Winkel beskikbaar is, identifiseer. Tensy verskillende lisensiebepalings saam met die toepassing voorsien word, is die standaardlisensiebepalings vir toepassings (“SLBT”) aan die einde van hierdie bepalings ’n ooreenkoms tussen u en die toepassinguitgewer wat die lisensiebepalings uiteensit wat geld vir ’n toepassing wat u via enige winkel aflaai wat deur Microsoft of hul geaffilieerdes besit of bestuur word (met uitsondering van die Office-winkel). Duidelikheidshalwe: Hierdie Bepalings het betrekking op die gebruik van Microsoft-dienste en die dienste wat dit verskaf. Artikel 5 van hierdie bepalings geld ook vir enige Derdeparty-toepassings en -dienste wat via ’n winkel verkry word. Toepassings wat deur die Office-winkel afgelaai word, word nie deur die SLBT gereël nie, en het aparte lisensiebepalings wat geld.
- ii. Bywerkings. Microsoft sal outomaties na bywerkings vir u toepassings soek en dit aflaai, selfs al is u nie by die betrokke Winkel aangeteken nie. U kan u Winkel- of stelselinstellings wysig indien u verkies om nie Winkeltoepassings se bywerkings outomaties te ontvang nie. Sekere Office-winkeltoepassings wat deels of in die geheel aanlyn gehuisves word, kan egter te eniger tyd deur die toepassingontwikkelaar bygewerk word, en kan moontlik sonder u toestemming bygewerk word.
- iii. Graderings en Resensies. Indien u ’n toepassing of ander Digitale goedere in die Winkel gradeer of resenseer, kan u moontlik e-pos vanaf Microsoft ontvang wat inhoud van die toepassing of Digitale goedere se uitgewer bevat. Enige sulke e-posse kom van Microsoft af; ons deel nie u e-posadres met uitgewers van toepassings of ander Digitale goedere wat u deur die Winkel aanskaf nie.
- iv. Veiligheidswaarskuwing. U moet van tyd tot tyd rus as u die speletjies of ander toepassings gebruik om moontlike besering, ongerief of uitputting van u oë te voorkom, veral as u pyn of moegheid ervaar wanneer u dit gebruik. Neem 'n blaaskans indien u ongerief ervaar. Ongerief mag dalk die volgende insluit: 'n gevoel van naarheid, bewegingsiekte, duiseligheid, disoriëntering, hoofpyn, moegheid, ooguitputting of droë oë. Die gebruik van toepassings kan u aandag aftrek en u omgewing belemmer. Vermy die gevaar van pootjie, trappe, lae plafonne, en breekbare of waardevolle items wat beskadig kan word. 'n Baie klein persentasie mense kan moontlik 'n siekte-aanval ervaar wanneer hulle aan sekere visuele beelde, soos flitsende ligte of patrone wat in toepassings voorkom, blootgestel word. Selfs mense wat geen geskiedenis van aanvalle het nie, kan 'n ongediagnoseerde toestand hê wat dit kan veroorsaak. Simptome kan lighoofdigheid, visie-afwykings, senuweetrekkings, rukbewegings of bewerasie, disoriëntasie, verwardheid, floute of stuiptrekkings insluit. Staak onmiddellik en raadpleeg 'n dokter indien u enige van hierdie simptome ondervind, of raadpleeg 'n dokter voordat u die toepassings gebruik indien u al voorheen simptome van sulke siekte-aanvalle ervaar het. Ouers moet hulle kinders se gebruik van toepassings monitor vir tekens van hierdie simptome.
Microsoft-gesinsfunksies
- c. Microsoft-gesinsfunksies. Ouers en kinders kan Microsoft-gesinsfunksies, insluitend Microsoft Family Safety, gebruik om wedersydse vertroue te kweek wat berus op ´n gedeelde begrip van die gedrag, webwerwe, toepassings, speletjies, fisiese plekke en besteding wat reg in hulle gesin is. Ouers kan 'n "Gesin" skep deur https://account.microsoft.com/family te besoek (of deur die instruksies op hul Windows-toestel of Xbox-konsole te volg) en hul kinders of ander ouers te nooi om aan te sluit. Daar is baie funksies wat gesinslede kan gebruik. Lees dus asseblief die inligting wat verskaf word noukeurig deur wanneer u besluit om ’n gesin te skep of by een aan te sluit en wanneer u Digitale Goedere vir gesinstoegang koop. Indien u ’n gesin skep of by een aansluit, stem u in dat u die gesin sal gebruik vir die doel waarvoor dit geskep is – nie op ’n ongemagtigde manier om onwettig toegang tot iemand anders se inligting te verkry nie. Microsoft-gesinsfunksies is eksklusief vir Microsoft Dienste en is nie oordraagbaar na ander platforms nie. Xbox-spesifieke Familieveiligheids-instellings is van toepassing, byvoorbeeld, op Xbox konsole, Xbox Wolkspeletjies, en die Xbox toep op 'n persoonlike rekenaar of mobiele toestelle, maar mag nie strek tot by Xbox Game Studios speletjies of dienste wat op ander toestelle of platforms beskikbaar is en gespeel word nie. Om 'n veiliger speelervaring vir jou familie te verseker, kyk asseblief na die ouerlike instellings op hierdie toestelle en platvorms.
Groepboodskapdiens
- d. Groepboodskapdiens. Verskillende Microsoft-dienste stel u in staat om boodskappe per stem of SMS ("boodskappe") aan ander te stuur en/of stel Microsoft en Microsoft-beheerde geaffilieerdes in staat om sulke boodskappe aan u en een of meer ander gebruikers namens u te stuur. WANNEER U MICROSOFT EN MICROSOFT-BEHEERDE GEAFFILIEERDES OPDRAG GEE OM SULKE BOODSKAPPE AAN U OF AAN ANDER TE STUUR, STEL U EN WAARBORG U AAN ONS DAT U EN ELKE PERSOON WAARAAN U ONS OPDRAG GEGEE HET OM BOODSKAPPE TE STUUR, INSTEM OM SULKE BOODSKAPPE EN ENIGE ANDER VERWANTE ADMINISTRATIEWE SMS'e VAN MICROSOFT EN MICROSOFT-BEHEERDE GEAFFILIEERDES TE ONTVANG. "Administratiewe SMS'e" is transaksionele boodskappe wat 'n spesifieke Microsoft-diens van tyd tot tyd stuur, waaronder onder meer 'n "welkomboodskap" of instruksies oor hoe om nie meer boodskappe te ontvang nie. U of groeplede wat nie meer sulke boodskappe wil ontvang nie, kan enige tyd die ontvangs van verdere boodskappe van Microsoft of Microsoft-beheerde geaffilieerdes af kanselleer deur die instruksies te volg wat verskaf word. Indien u nie meer sulke boodskappe wil ontvang of lid van die groep wil bly nie, stem u in dat u dit sal kanselleer deur die instruksies te volg wat deur die toepaslike program of diens verskaf word. Indien u oortuig is dat 'n groeplid nie meer sulke boodskappe wil ontvang of lid van die groep wil bly nie, stem u in dat u die persoon uit die groep sal verwyder. U stel en waarborg ook aan ons dat u en elke persoon aan wie u ons opdrag gegee het om 'n boodskap te stuur, begryp dat elke groeplid verantwoordelik is vir die koste van enige boodskaptariewe wat sy of haar sellulêre diensverskaffer hef, waaronder enige internasionale boodskaptariewe wat kan geld wanneer boodskappe van nommers in Amerika af gestuur word.
Skype, Microsoft Teams, en GroupMe
- e. Skype, Microsoft Teams, en GroupMe.
- i. Nood Dienste. Daar is belangrike verskille tussen tradisionele mobiele- of vaste-lyn-telefoondienste en Skype, Microsoft Teams, en GroupMe. Microsoft is nie verplig om toegang te bied tot nooddienste, soos 911 of 112 vir noodoproepe ("Emergency Services") deur vir Skype, Microsoft Teams, en GroupMe onder enige toepaslike plaaslike of nasionale reëls, regulasies of wette nie. Slegs beperkte sagteware-weergawes van die Skype-na-Foon kenmerk van Skype mag oproepe na Nooddienste ondersteun in 'n beperkte aantal lande, afhangend van die platform wat gebruik word. Jy kan besonderhede oor beskikbaarheid en verstellings vir hierdie eienskap hier vind: https://www.skype.com/go/emergency. Indien u Skype-na-Foon noodoproep verbind is, moet u die besonderhede van u fisiese ligging verstrek om nooddienste in staat te stel om u by te staan.
- ii. TPK's of Uitsaaiery. Indien u Skype se sagteware en produkte in verband met enige uitsending wil gebruik, moet u voldoen aan die “Uitsendings-diensbepalings” by https://www.skype.com/go/legal.broadcast. Indien u ’n toepassingsprogramkoppelvlak (“API”) wil gebruik wat deur Skype blootgelê of beskikbaar gestel word, moet u voldoen aan die toepaslike lisensiëringsbepalings wat by www.skype.com/go/legal beskikbaar is.
- iii. Beleid oor Redelike Gebruik. Beleide oor billike gebruik kan dalk vir u gebruik van Skype se sagteware en produkte geld. Gaan asseblief hierdie beleidstukke na; dit is ontwerp om bedrog en misbruik te voorkom, en kan moontlik die tipe, duur of volume van oproepe of boodskappe wat u kan maak, beperk. Hierdie beleidstukke word deur verwysing by hierdie Bepalings ingesluit. U kan hierdie beleide vind by https://www.skype.com/go/terms.fairusage/.
- iv. Persoonlike/Nie-kommersiële Gebruik. Die gebruik van Skype se sagteware en produkte is vir u persoonlike, niekommersiële gebruik. U mag Skype by die werk vir u eie sakekommunikasie gebruik.
- v. Skype-nommer/Skype To Go. Indien Microsoft vir u ’n Skype-nommer of Skype To Go-nommer verskaf, stem u in dat u nie die nommer besit of ’n reg het om daardie nommer vir ewig te behou nie. In sommige lande kan ’n nommer deur ’n Microsoft-vennoot in plaas van Microsoft sélf aan u beskikbaar gestel word, en u sal dalk ’n afsonderlike ooreenkoms met sodanige vennoot moet aangaan. Vir meer inligting oor Skype-Nommer, sien https://go.skype.com/home.skype-number.
- vi. Skype Bestuurder. ’n "Skype Manager-administrasierekening" word deur u geskep en bestuur; u tree as ’n individuele administreerder van ’n Skype Manager-groep op, en nie as ’n sake-entiteit nie. U kan u individuele Microsoft-rekening met ’n Skype Manager-groep verbind ("Gekoppelde rekening"). U mag bykomende administreerders vir u Skype Manager-groep aanstel, mits hulle hierdie Bepalings aanvaar. Indien u Skype-nommers aan 'n Gekoppelde rekening toewys, is u verantwoordelik vir die nakoming van enige vereistes wat verband hou met die verblyf of ligging van u Gekoppelde rekening se gebruikers. Indien u besluit om ’n Gekoppelde rekening van ’n Skype Manager-groep te ontkoppel, sal enige toegewese intekenings, Skype-krediet of Skype-nommers nie meer herwinbaar wees nie en sal u nie meer toegang kan verkry tot U Inhoud of materiaal wat met die ontkoppelde rekening verband hou nie. U stem in om enige persoonlike inligting van u Gekoppelde rekening-gebruikers in ooreenstemming met alle toepaslike databeskermingswette te verwerk. U Skype Bestuurder mag opgeskort word indien groeplede nie daarin slaag om by die Gedragskode soos in hierdie MSA vervat, te hou nie.
- vii. Skype-Kostes. Alle pryse vir betaalde Skype-produkte sluit toepaslike belastings in, tensy anders vermeld. Die kostes wat betaalbaar is om telefone te skakel as u nie 'n intekening het nie, bestaan uit 'n verbindingsfooi (wat een keer per oproep gehef word) en 'n per-minuut-tarief wat by www.skype.com/go/allrates uiteengesit word. Oproepkostes sal van u Skype-kredietbalans afgetrek word. Microsoft kan sy oproepfooie enige tyd verander deur sodanige verandering by www.skype.com/go/allrates te publiseer. Die nuwe tarief sal vanaf u eerste oproep ná publikasie van die nuwe tariewe geld. Gaan asseblief die jongste tariewe na voordat u u oproep maak. Dele van oproepminute en gedeeltelike kostes sal afgerond word na die volgende hele eenheid. Betaalde Skype-produkte word in sommige lande deur Microsoft se plaaslike vennoot verskaf, en die vennoot se gebruiksbepalings sal vir sulke transaksies geld. Ondanks die voorgaande, mag jy dalk geregtig wees, onder toepaslike wetgewing, tot 'n terugbetaling, op versoek, van enige voorafbetaalde intekeningsaldo as u u Skype-nommer na 'n ander verskaffer oorskakel.
- viii. Skype-Krediet. Microsoft waarborg nie dat u u Skype-kredietbalans sal kan gebruik om alle betaalde Skype-produkte te koop nie, aangesien betaalde produkte van tyd tot tyd mag verander. Indien u versuim om u Skype-krediet binne ’n tydperk van 180 dae te gebruik, sal Microsoft u Skype-krediet se status na onaktief verander. U kan die Skype-krediet heraktiveer deur die heraktiveringskakel by https://www.skype.com/go/store.reactivate.credit te volg. Indien u in Japan geleë is en u Skype-krediet op die Skype-webwerf koop, is die voorafgaande twee sinne nie op u van toepassing nie en sal u Skype-krediet 180 dae ná die aankoopdatum verval. Sodra u krediet verval, sal u dit nie meer kan heraktiveer of gebruik nie. Enige ongebruikte Skype-krediet wat met u Microsoft-rekening verband hou, sal verlore wees en nie herwin kan word nie, indien u Microsoft-rekening om enige rede toegemaak is. Skype-krediete mag nie aan ander oorgedra word nie.
- ix. Skype-belpaneel. U kan die Skype-belpaneel met 'n aktiewe intekening of Skype-krediet gebruik na die Skype werkskerm en mobiele toepassings uitgetree het. Die Skype-belpaneel is 'n Skype produk waartoe u toegang het van binne Miscrosoft Teams of op die web.
- x. Internasionale Boodskapfooi. GroupMe gebruik tans Amerikaansgebaseerde nommers vir elke groep wat geskep word. Elke SMS wat van 'n GroupMe-nommer af gestuur of ontvang word, sal tel as 'n internasionale teksboodskap wat uit die Verenigde State gestuur of ontvang word. Afhangend van u ligging, mag Microsoft Teams 'n telefoonnommer gebruik wat as 'n internasionale teksboodskap mag tel. Gaan asseblief die geassosieerde internasionale tariewe met u verskaffer na.
- xi. Microsoft Teams SMS. Microsoft Teams mag Australies-gebaseerde nommers gebruik wat voorsien word der Belgacom International Carrier Services SA. met hul hoofbesigheidsligging by die Boulevard du Roi Albert II, 27 1030, Bruxelles Belgium ("BICS"), vir boodskappe wat na ontvangers versend is met Australiese nommers. Microsoft en sy affiliate is nie filliate van BICS nie.
Bing en MSN
- f. Bing en MSN.
- i. Bing- en MSN-materiaal. Die artikels, teks, foto’s, kaarte, video’s, videospelers en derdeparty-materiaal wat op Bing en MSN beskikbaar is, insluitend deur Microsoft-botte, -toepassings en -programme, is slegs vir u niekommersiële, persoonlike gebruik. Ander gebruike, waaronder aflaai, kopiëring of herverspreiding van hierdie materiaal, of die gebruik van hierdie materiaal of produkte om u eie produkte te bou, is slegs toelaatbaar in die mate waarin dit spesifiek deur Microsoft of regte-eienaars gemagtig word, of deur toepaslike kopieregwetgewing toegelaat word. Microsoft of ander regte-eienaars behou alle regte op die materiaal voor wat nie uitdruklik deur Microsoft ingevolge die lisensiebepalings toegeken word nie, hetsy deur implikasie, teruggangsverbod of andersins.
- ii. Bing-Kaarte. U mag nie lugfotobeelde van die Verenigde State, Kanada, Meksiko, Nieu-Seeland, Australië of Japan vir regeringsdoeleindes gebruik sonder ons aparte, skriftelike toestemming nie.
- iii. Bing Plekke. Wanneer u u Data of u Inhoud aan Bing-plekke of voorsien, verleen u aan Microsoft ’n wêreldwye, tantiemevrye intellektuele-eiendom-lisensie om u Data en u Inhoud (insluitend intellektuele eiendomsregte in u Data en u Inhoud), as deel van ’n diens te gebruik, te reproduseer, te berg, te verander, saam te voeg, te bevorder, te versend, te vertoon of/en te versprei, en om enige of elkeen van die voorgaande regte aan derde partye te sublisensieer.
Cortana
- g. Cortana.
- i. Persoonlike, Niekommersiële Gebruik. Cortana is Microsoft se persoonlike assistent-diens. Die funksies, dienste en inhoud wat Cortana verskaf (saam bekend as “Cortana-dienste”) is slegs vir u persoonlike, niekommersiële gebruik.
- ii. Funksionaliteit en Inhoud. Cortana verskaf ’n reeks kenmerke waarvan sommige verpersoonlik is. Cortana-dienste kan u toegang gee tot dienste, inligting of funksionaliteit wat deur ander Microsoft-dienste of Derdeparty-toepassings en -dienste verskaf word. Die diensspesifieke bepalings van artikel 13 is ook van toepassing op u gebruik van toepaslike Microsoft-dienste waartoe u via Cortana-dienste toegang verkry. Cortana verskaf slegs vir u beplanningsdoeleindes inligting; u moet u eie onafhanklike oordeel uitoefen wanneer u hierdie inligting nagaan en daarop staatmaak. Microsoft waarborg nie die betroubaarheid, beskikbaarheid of tydigheid van persoonlike ervarings wat deur Cortana gebied word nie. Microsoft is nie verantwoordelik as ´n Cortana-funksie verhoed dat u kommunikasie of ´n kennisgewing ontvang, nagaan, stuur, of ´n diens verkry, of as dit vertraag word nie.
- iii. Derdeparty-toepassings en -dienste. Cortana kan as deel van die verskaffing van hul dienste, voorstelle aan u maak en u help om met Derdeparty-toepassings en -dienste (derdeparty-vaardighede of gekoppelde dienste) te kommunikeer. Cortana kan, indien u dit so verkies, dalk inligting met Derdeparty-toepassings en -dienste uitwissel, soos u poskode, en navrae en antwoorde wat deur die Derdeparty-toepassings en -dienste teruggestuur word, om u te help om versoekte dienste te verkry. Cortana kan u dalk in staat stel om aankope deur Derdeparty-toepassings en -dienste te doen deur die rekeningvoorkeure en -instellings te gebruik wat u direk met daardie Derdeparty-toepassings en -dienste daargestel het. U kan u Cortana-diens enige tyd van Derdeparty-toepassings en -dienste ontkoppel. U gebruik van Cortana-dienste om aan Derdeparty-toepassings en -dienste te koppel, is onderhewig aan artikel 5 van hierdie bepalings. Uitgewers van Derdeparty-toepassings en -dienste kan moontlik die funksionaliteit of kenmerke van hul Derdeparty-programme en -dienste of die integrasie met Cortana-dienste verander of stop. Microsoft is nie verantwoordelik of aanspreeklik vir vervaardigervoorsiende sagteware of fermware nie.
- iv. Cortana-geaktiveerde toestelle. Cortana-geaktiveerde toestelle is produkte of toestelle wat geaktiveer is om mee toegang tot Cortana-dienste te verkry, of produkte of toestelle wat met Cortana-dienste versoenbaar is. Cortana-geaktiveerde toestelle sluit derdepartytoestelle of -produkte in wat Microsoft nie besit, vervaardig of ontwikkel nie. Microsoft is nie verantwoordelik of aanspreeklik vir hierdie derdepartytoestelle of -produkte nie.
- v. Sagtewarebywerkings. Ons sal dalk u weergawe van Cortana-dienstesagteware outomaties nagaan en sagtewarebywerkings of konfigurasieveranderings aflaai, of van enige vervaardigers van Cortana-geaktiveerde toestelle vereis om die Cortana-dienstesagteware bygewerk te hou.
Microsoft-365 Toepe en -Dienste
- h. Microsoft-365 Toepe en -Dienste.
- i. Gebruiksbepalings. i. Microsoft 365 Family, Microsoft 365 Personal, Microsoft 365 Basic, Sway, OneNote.com en enige ander Microsoft 365-toep of Dienste of Dienste met die Office-handelsmerk is vir u persoonlike, niekommersiële gebruik, tensy u kommersiële gebruiksregte ingevolge ’n afsonderlike ooreenkoms met Microsoft het. Gebruik van toepassings soos Word, Excel, PowerPoint, Outlook, OneDrive, Access, en Publisher in Microsoft 365 Family, Microsoft 365 Personal, en enige ander Microsoft 365 toep of -inteken-Dienste word gereël deur aanvullende lisensiebepalings by https://aka.ms/useterms tesame met hierdie Bepalings.
- ii. Addisionele Outlook Terme. Outlook sluit die gebruik van Bing Maps in. Enige inhoud verskaf deur Bing Maps, ingesluitend geokodes, kan slegs gebruik word binne die produk waardeur die inhoud verskaf word. U gebruik van Bing Maps word beheer deur die Bing Maps Eindgebruikersvoorwaardes beskikbaar by go.microsoft.com/?linkid=9710837 en die Microsoft-privaatheidsverklaring beskikbaar by go.microsoft.com/fwlink/?LinkID=248686.
Digitale Goedere
- i. Digitale Goedere. Met Microsoft Groove, Microsoft-Flieks en -TV, Winkel, Xbox-dienste en enige ander verwante en toekomstige dienste kan Microsoft u dalk in staat stel om musiek, beelde, video, teks, boeke, speletjies of ander materiaal ("Digitale Goedere") wat in digitale formaat beskikbaar is, aan te skaf, daarna te luister, te kyk, te speel en/of dit te lees (wat ook al van toepassing is). Die Digitale Goedere is slegs bestem vir u persoonlike, niekommersiële gebruik vir vermaakdoeleindes. U stem in om nie enige kopieë van die Digitale Goedere te herversprei, uit te saai, in die openbaar uit te voer of in die openbaar ten toon te stel nie. Digitale Goedere kan die eiendom van Microsoft of derdepartye wees. U begryp en erken dat u regte rakende Digitale Goedere onder alle omstandighede deur hierdie Bepalings, kopieregwetgewing en die Gebruiksreëls by https://go.microsoft.com/fwlink/p/?LinkId=723143 beperk word. U stem in dat u nie sal probeer om enige Digitale Goedere, wat by enige van die Dienste aangeskaf is, om watter rede ook al te wysig nie – ook nie met die doel om die eienaarskap of bron van die Digitale Goedere te verskuil of te verander nie. Microsoft of die eienaars van die Digitale Goedere kan Digitale Goedere van tyd tot tyd sonder kennisgewing uit die Dienste verwyder.
Microsoft Stoorspasie
- j. Microsoft Stoorspasie.
- i. OneDrive Bergingtoewysing. Indien u meer inhoud in u OneDrive-rekening berg as waarvoor in die bepalings van u gratis of betaalde intekendiens vir Microsoft stoorplek voorsiening gemaak word en u reageer nie op 'n kennisgewing van Microsoft om u rekening te herstel deur oortollige inhoud te verwyder of na 'n nuwe intekenplan met meer berging oor te slaan nie, behou ons die reg voor om u rekening te sluit en toegang tot U Inhoud op OneDrive te skrap of te deaktiveer. Lees meer oor Microsoft se stoorkwotas hier (https://prod.support.services.microsoft.com/office/how-does-microsoft-storage-work-2a261b34-421c-4a47-9901-74ef5bd0c426).
- ii. OneDrive Diensprestasie. Onderhewig aan faktore soos u toerusting, internetverbinding en Microsoft se pogings om die prestasie en integriteit van sy diens te handhaaf, mag u dalk van tyd tot tyd vertragings in die oplaai of sinchronisering van inhoud op OneDrive ondervind.
- iii. Outlook.com Bergingstoewysing. Indien u u Outlook.com posbus stoorkwota of u Microsoft stoorkwota oorskry wat aan jou gebied word onder ´n gratis of betaalde inskrywing, sal jy nie boodskappe kan stuur of ontvang totdat die oortollige inhoud verwyder of geskuif is na ´n nuwe inskrywingsplan met voldoende stoorplek nie. Indien u nie slaag om oortollige inhoud te verwyder of genoegsame addisionele stoorplek verkry nadat kennisgewing vanaf Microsoft ontvang is nie, behou ons die reg om toegang tot u Inhoud uit te wis of te deaktiveer. Lees meer oor Microsoft se stoorkwotas hier (https://prod.support.services.microsoft.com/office/how-does-microsoft-storage-work-2a261b34-421c-4a47-9901-74ef5bd0c426).
Microsoft Terugbetaling
- k. Microsoft Terugbetaling. Die Microsoft Terugbetalingsprogram ("Cashback") laat Microsoft kliënte toe om terugbetalingstoekennings te verdien wanneer hulle by deelnemende handelaars inkopiesdoen deur gebruik te maak van sekere Microsoft produkte en dienste soos Bing.com en Microsoft Edge. Deur in te skryf vir Terugbetalings of ´n Terugbetalingsaanbod te aktiveer, aanvaar en stem jy in tot die Terugbetalings Terme & Voorwaardes (https://www.microsoft.com/bing/rebates-terms). Sekere aanmerkingskriteria, beperkings en ander perke mag van toepassing wees op jou deelname in die Terugbetaling; vir meer informasie, sien die Terugbetalings-VGV (https://www.bing.com/rebates/faq).
Microsoft Rewards
- l. Microsoft Rewards.
- i. Algemene Informasie. Microsoft Rewards (die "Rewards Program") is gratis om by aan te sluit, en dit stel jou in staat om punte te verdien ("Punte") vir sekere aktiwiteite en vir persoonlike gebruik van sekere Microsoft produkte en dienste. Indien u ´n Microsoft rekening het en in ´n deelnemende Streek woon (soos hieronder gedefinieër), is u outomaties in die Beloningsprogram ingeskryf en kan u onmiddellik begin om Punte te verdien. U kan u deelname aan die Belonings program kanselleer deur ter enige tyd die instruksies op die kansellasiebladsy hieronder te volg.
- ii. Jy kan jou Punte ruil op 'n verskeidenheid maniere ("Uitruilopsies"), insluitend vir sekere produkte en dienste gelys op die Uitruilbladsy by https://aka.ms/redeemrewards ("Belonings"). Om in aanmerking te kom om jou Punte in te ruil vir enige Inruilopsie, moet jy eers jou Beloningsprogram-rekening aktiveer ("Beloningsrekening") op die Beloningspaneelbord by https://rewards.microsoft.com/ of op sekere ander Microsoft webwerwe en webblaaie. Daar is geen koste daaraan verbonde om jou Beloningsrekening te aktiveer nie.
- iii. Sekere inperkinge en grense is toepaslik op die verwerwing, inruil en ander gebruike van Punte in die Beloningsprogram. Vir meer inligting, verwys na die Beloningsafdeling by https://support.microsoft.com ("VGV").
- iv. Vereistes. Jy het ´n geldige Microsoft rekening nodig en jy moet in een van die streke woonagtig wees wat in die Algemene Vrae afdeling ("Streke") gelys is om jou Beloningsrekening te aktiveer en om Punte te verdien, in te ruil en andersins te gebruik. Jy mag slegs een Beloningsrekening oopmaak en gebruik, selfs al het jy meer as een e-posadres. Elke huishouding word beperk tot ses Beloningsrekeninge. Die Beloningsprogram is uitsluitlik vir u persoonlike, nie-kommersiële gebruik. Gebruik van ´n virtuele private netwerk (VPN) of ander tegnologie of diens wat gebruik kan word om jou geografiese ligging te verskuil of benewel mag uitloop in die kansellasie van u Beloningsrekening en die verbeuring van jou versamelde Punte.
- v. Verdien van Punte. Jy mag die geleentheid gebied word om Punte vir sekere kwalifiserende aktiwiteite te verdien ("Aanbiedinge"), soos Soektogte, Verwerwings, gebruik van sekere Microsoft produkte en dienste, en ander geleenthede vanaf Microsoft. Jy moet ´n aktiewe Beloningsrekening hê om voordeel te trek uit sulke Aanbiedinge. Na die voltooiing van die vereistes vir sekere Aanbiedinge, mag u vereis word om aanspraak op die Punte op die Beloningspaneel te maak voordat die Punte toegeken word en tot u Rewards Rekening gevoeg word. Indien u misluk daarin om die Punte binne ´n gespesifiseerde tyd by Microsoft te eis, mag dit meebring dat u die Punte verbeur. Aanbiedinge wat verkiesbaar is, mag van Streek tot streek verskil en mag slegs beskikbaar wees vir ´n beperkte tyd of onderhewig wees aan ander beperkinge. Jy moet met al die terme en toestande van ´n besondere Aanbod nakom om die Punte te verwerf wat met daardie Aanbod toegewys word. Jy mag ´n direkte aanbieding van ´n Aanbod kry op die Beloningspaneelbord of wanneer jy sekere Microsoft produkte en dienste gebruik. Van tyd tot tyd mag Microsoft addisionele Punte aan jou bied volgens hul eie goeddunke of sonder voorafkennisgewing, insluitend vir wat Microsoft as goedertroue Soektogte en ander interaksies met Microsoft se dienste bepaal.
- vi. Vir die doeleindes van die Beloningsprogram, is ´n "Soektog" die aksie van ´n individuele gebruiker wat met die hand teks intik vir die goedertroue doel daarvan om Bingsoekresultate vir sulke gebruikers se eie navorsingsdoeleindes te verkry; ´n “Soektog” sluit nie enige navrae wat nie bedoel is om gebruik te word vir outentieke goedertroue persoonlike navorsings-doeleindes of ´n soektoeg deur ´n bot, makro of ander geoutomeerde of bedrieglike wyse van enige aard toegetree, in nie. Vir die doeleindes van die Rewards Program, is ´n “Verkryging” die proses om goedere te koop of ’n lisensie vir digitale inhoud van Microsoft af af te laai en te verkry, hetsy gratis of betaald. Beloningspunte word nie vir elke Verwerwing van Microsoft aangebied nie, en sekere beperkinge mag van toepassing wees.
- vii. Beperkings & Inperkinge op Punte. Punte word toegeken deur Microsoft aan individuele Beloningsrekeninge en kan nie oorgedra word aan enige ander persoon of entiteit nie. Des nieteenstaande die voorafgaande, mag Microsoft van tyd tot tyd volgens hul eie diskressie toelaat dat (i) jy jou Punte binne jou huishouding deel (perke mag van toepassing wees), (ii) om jou Punte in ondersteuning van 'n niewinsgewende organisasie op die Inruilblad by te dra, of (iii) afhangend van jou Streek en onderworpe aan ander terme en voorwaardes, om al of jou Punte vir punte in sekere ander belonings of lojaliteitsprogramme, insluitend programme deur Microsoft of enige gemagtigde derdepartye bedryf, in te ruil. Punte is en bly ten alle tye die eiendom van Microsoft, en stel nie jou persoonlike eiendom voor nie; hulle het geen kontantwaarde nie, en jy mag nie kontant of geld in ruil daarvoor kry nie. Punte word slegs op ’n promosiebasis aan u toegeken. U kan nie Punte koop nie. Microsoft mag die kwantiteit van Punte of Belonings wat verdien kan word, of geruil kan word per persoon, huishouding of oor ´n vasgestelde periode (b.v. ´n dag) beperk, mits u nie benadeel word oor inbraak van goedertrou nie; verwys asseblief na die Gereelde Algemene Vrae vir huidige toepaslike beperkinge. Tensy ´n Aanbod of Inruilingsopsie uitdruklik andersins meld, geld Punte wat in die program verdien word nie vir enige ander program wat deur Microsoft of derde partye aangebied word nie, en kan dit nie in kombinasie daarmee gebruik word nie. Oningeruilde Punte met jou Beloningsrekening geassosieër sal hul uitdieningstydperk bereik indien jy nie enige Punte in jou Beloningsrekening ontvang of inruil vir 12 aaneenlopende maande nie.
- viii. Inruilings. Inruilings Opsies sal beskikbaar gemaak word aan jou op die Inruilingsbladsy en op sekere ander Microsoft tuistes en blaaie. Jy moet in jou Beloningsrekening al die vereiste Punte verdien en beskikbaar hê vir ´n Inruilopsie voordat jy jou Punte kan inruil vir daardie Inruilopsie. Daar kan ’n beperkte aantal van ’n spesifieke Beloning beskikbaar wees, en sulke Belonings sal afgelewer word volgens die beginsel van 'n eerste-kom-eerste-maal-basis. Daar kan dalk van u vereis word om bykomende inligting te voorsien, byvoorbeeld u posadres en telefoonnommer (maar nie ’n VOIP- of tolvrye nommer nie), en u kan ook versoek word om ’n bedrogvoorkomingskode in te voer of bykomende regsdokumente te onderteken om Punte vir sekere Beloningsopsies in te ruil. Sodra u u Punte inruil, kan u dit nie kanselleer of die Inruilopsie vir terugbetaling van Punte terugstuur nie, behalwe in geval van defektiewe produkte of soos vereis deur toepaslike wetgewing. As jy ’n Inruilopsie kies wat nie in voorraad is nie of om ander redes nie beskikbaar is nie, kan ons volgens eie goeddunke ’n Inruilingsopsie van vergelykbare waarde daarvoor gee, of jou punte terugbetaal.
- ix. Microsoft kan die belonings wat op die Inruilbladsy-Opsies aangebied word, ten enige tyd en vir enige rede bywerk of staak. Sekere Inruilopsies mag ´n ouderdom- of Streeks-aanmerking vereiste hê, of ander terme of bepalings op hul inruiling of verbruik hê. Enige sodanige vereistes of vooropgestelde voorwaardes sal by die betrokke inruilaanbod ingesluit word. U is verantwoordelik vir alle federale, deelstaat- en plaaslike belasting en enige ander kostes vir die aanvaarding en gebruik van die Inruilopsie. Belonings sal per e-pos na die e-posadres gestuur word wat met u Microsoft-rekening geassosieer is. Hou dus u e-posadres op datum. Belonings wat nie afgelewer kan word nie, sal nie heruitgereik word nie en word dus verbeur. Belonings mag nie herverkoop word nie. U mag nie meer as 550 000 Punte per kalenderjaar in die Beloningsprogram inruil nie.
- x. Kansellasie van U Beloningsrekening. Indien u nie meer aan die Belonings-program wil deelneem nie, volg die instruksies op die kansellasiebladsy (https://rewards.microsoft.com/optout) om u Beloningsrekening te kanselleer. Indien u u Beloningsrekening kanselleer, sal u onmiddellik al u verworwe Punte verbeur asook u vermoë om nuwe Punte in die toekoms te verdien. Om dan weer te begin om Punte te verdien, moet u ´n nuwe Beloningsrekening open (Maar Mircrosoft sal nie enige voorheen-verbeurde Punte herinstel nie). U Beloningsrekening mag gekanselleer word (en u Punte verbeur word) indien u nie vir 12 aaneenlopende maande by u Microsoft rekening inteken nie.
- xi. Programveranderinge of Staking. Microsoft behou die reg om die Beloningsprogram te verander, modifieëer, staak, of enige deel daarvan te kanselleer ten enige tyd, volgens sy eie goeddunke, en sonder vooraf-kennisgewing. Hoe dit okal sy, indien die Beloningsprogram gekanselleer of gestaak word, sal ons redelike pogings maak om u deur middel van e-pos en op die Beloningspaneel in kennis te stel met ten minste 90 dae om u versamelde Punte in te ruil, tensy ons bepaal het dat sodanige kansellasie onmiddellik van krag moet wees vanweë wettige of sekuriteitsredes.
- xii. Ander Bepalings. Microsoft behou die reg om u Beloningsrekening onmiddellik te kanselleer, om u te diskwalifiseer van enige toekomstige deelname aan die Beloningsprogram, om al u verworwe Punte te verloor, en enige Inruilingsopsies wat u verwerf het deur die Beloningsprogram te kanselleer of aanhangig te maak, indien Microsoft meen dat u enige aspek van die program manipuleer, misbruik of met enige aspek van die Beloningsprogram bedrog gepleeg het, of inbraak op hierdie beplaings gemaak het. Microsoft behou verder die reg om enige Inruilopsie wat u verkry het of probeer verkry het deur die Beloningsprogram te kanselleer of op te skort indien Microsoft bepaal dat u nie in aanmerking kom om so 'n Inruilopsie te mag ontvang nie vir wettige redes (soos uitvoerwetgewing). Terwyl Microsoft elke poging aanwend om akkuraatheid te verseker, kom foute per geleentheid voor. Microsoft beperk dus die reg daartoe om sulke foute ter enige tyd reg te stel, selfs indien dit die huidige Aanbiedinge of u wagtende, verworwe of ingeruilde Punte of Belonings affekteer. In geval van enige afwykings of teenstrydighede tussen die Beloningsprogram-bepalings of ander verklarings bevat in enige verwante materiaal of advertering, seëvier, oorheers, en beheer hierdie bepalings dit.
Azure
- m. Azure. U gebruik van die Azure-diens word deur die bepalings en voorwaardes van die afsonderlike ooreenkoms beheer waardeur u die dienste verkry het, soos uiteengesit op die Microsoft Azure-regsinligtingsbladsy by https://aka.ms/AA7z67v.
Microsoft Soundscape
- n. Microsoft Soundscape. U herken dat Microsoft Soundscape (1) nie ontwerp is, besoel is of beskikbaar gemaak is as 'n mediese toestel, en (2) nie ontwerp of bedoel is om 'n plaasvervanger vir proffessionele mediese raad, diagnose, behandeling of oordeel te wees en nie gebruik behoort te word as 'n plaasvervanger vir proffessionele mediese raad, diagnose, behandeling of oordeel nie.
Power Platform
- o. Power Platform. U gebruik van die Krag-Platvorm diens word oorheers deur die bepalings en voorwaardes van die afsonderlike ooreenkoms waaronder u die dienste verkry het, soos uiteengesit op die Krag-Platform-regsinligtingsblady by Microsoft Krag-Platform (https://www.microsoft.com/en-us/power-platform/business-applications/legal).
Dynamics 365
- p. Dynamics 365. U gebruik van die Dinamikas 365 diens word oorheers deur die terme en bepalings van die afsonderlike ooreenkoms waaronder u die dienste verkry het, soos uiteengesig op die Dinamikas 365 Wettige Informasie blad by Microsoft Dinamikas 365 (https://www.microsoft.com/en-us/dynamics-365/business-applications/legal).
Copilot-AI Ervarings
- q. Copilot-AI Ervarings. Jou gebruik van Copilot AI Ervarings (tensy dit Copilot met kommersiële databeskerming is) word oorheers deur die aanvullende terme en bepalings waaronder jy hierdie dienste verkry het soos gestipuleer by Copilot - Gebruiksbepalings (bing.com) (https://www.bing.com/new/termsofuse#content-policy) tesame met hierdie Terme. Indien jy ´n Microsoft Copilot met kommersiële databerskermings-gebruiker is, besoek gerus die blad om die gebruiksterme wat op jou van toepassing is, te hersien, tesame met hierdie Terme: https://aka.ms/BCETermsOfUse.
KI-Dienste
- r. KI-Dienste. "KI dienste" is dienste of kenmerke daarvan wat Kunsmatige Intelligensie ("AI") tegnologie gebruik, wat enige generatiewe KI dienste insluit.
- i. Geen Professionele Advies. AI dienste is nie ontwerp, bedoel, of om as plaasvervangers gebruik te word vir proffessionele raad nie.
- ii. Omgekeerde Ingenieurswese. U mag nie die AI-dienste gebruik om enige onderliggende komponente van die modelle, algoritmes en sisteme te ontdek nie. Byvoorbeeld, u mag nie probeer om te bepaal en die gewigte van modelle of enige dele van die AI dienste vanuit u toestel te te verwyder of onttrek nie.
- iii. Dataonttrekking. Tensy dit uitdruklik toegelaat word, mag u nie webskraping, web oesting, of web-data-onttrekkingsmetodes gebruik om data van die AI dienste te onttrek nie.
- iv. Perke op die gebruik van data vanaf die AI-Dienste. U mag nie die KI-dienste, of data vanaf die KI-dienste gebruik om enige ander KI-diens te skep, op te lei, of direk of indirek te verbeter nie.
- v. Gebruik van U Inhoud. As deel van die verskaffing van KI-Dienste, sal Microsoft jou insette tot die diens stoor en prosesseer sowel as uitsette van die diens, vir moniteringsdoelwitte en vir die voorkoming van beledigende of skadelike gebruike of uitsette van die dienste.
- vi. Eienaarskap van Inhoud. Microsoft eis nie enige eienaarskap van enige inhoud wat jy aanbied, pos aan, insette lewer oor, indien aan, of ontvang van, die AI dienste (insluitend terugvoering en voorstelle) nie. Jy sal jou eie bepaling moet maak rakende die intellektuele eiendomsregte wat jy het in die uitset-inhoud en die bruikbaarheid daarvan, en, onder andere, die gebruikscenario(s) en die wette van die toepaslike regsgebied binne berekening neem. Jy waarborg en verteenwoordig dat jy al die regte tot jou inhoud besit of andersins beheer soos beskryf in hierdie Terme, insluitend, sonder perke, alle regte wat nodig is vir jou om die inhoud aan te bied, te plaas, op te laai of in te dien.
- vii. Magtigingsbewyse van Inhoud. Wanneer jy van KI-dienste gebruik maak om sekere inhoud te skep, stoor Microsoft informasie oor die skepping daarvan en assosieer hierdie informasie en die inhoud met ´n inhoudsmagtigingsbewys. Jy mag nie KI dienste gebruik om inhoud te skep met die doel daarvan om die inhoudsmagtigingsbewys te verwyder, te wysig, te verbloem of ander afkomstige metodes, merke of seine wat aandui dat ´n uitset deur KI dienste gegenereer is, wegsteek of andersins die KI dienste gebruik om inhoud te skep vir die doel daarvan om ander daaroor te mislei oor of ´n uitset deur die KI-diens gegenereer is al dan nie.
- viii. Derdeparty eise. Jy is alleenlik verantwoordelik daarvoor om te reaggeer op enige derdepartyeise rakende u gebruik van die AI dienste in vervulling met toepaslike wette (insluitend, maar nie beperk tot kopiereginbraak of ander eise wat voortspring uit die inhouds-uitsette tydens u gebruik van die AI dienste nie).
- ix. Gebruiksbeperkinge. U stem ook in, bonop dat u tot die "Gedragskode" hierbo instem, dat u nie die KI dienste, insluitend die wat besluite maak, of aksies uitvoer, outonoom of met wisselende vlakke van menslike interaksie sal gebruik nie:
- 1. Om besluite of aksie te neem sonder toepaslike menslike toesig wat 'n gevolglike impak op enige persoon se wettiglike of finansiële posisie, lewensgeleenthede, indiensnemingsgeleenthede, of menseregte, of mag lei tot enige fisiese of psigologiese skade aan 'n persoon of groep persone;
- 2. Om ander te bedrieg of willens en wetens te mislei (bv., false advertensie), of onderbewuste tegnieke (bv. visuele, ouditiewe of ander seine buite 'n normale persoon se persepsie) met die bedoeling om die gedrag van 'n persoon so te manipuleer of te verwring dat dit die persoon skade kan doen;
- 3. Om die kwesbaarheid van 'n persoon uit te buit vanweë hul ouderdom, gebrek, of 'n spesifieke sosio- of ekonomiese situasie, met die doel om, of tot die effek dat, of materieël die gedrag van daardie persoon, of persone wat tot daardie groep behoort verwring in 'n manier wat veroorsaak dat, of heel waarskynlik die oorsaak sal wees dat daardie persoon of 'n ander persoon beduidende skade lei;
- 4. Vir sosiale punteverwerwing, of voorspelbare profilering wat sal lei tot diskriminerende, ongelyke, vooroordelende, nadelige, ongunstige of skadelike behandeling van sekere persone of groepe mense;
- 5. Vir die assessering van misdadigheidsrisiko van natuurlike persone suiwer gebaseer op die profilering van 'n natuurliek persoon of op die assessering van hul persoonlikheidstrekke en kenmerke. Hierdie verbod sal nie van toepassing wees op KI dienste wat gebruik word in die ondersteuning van menslike assessering van die betrokkenheid van 'n persoon in misdade, wat reeds gebaseer is op objektiewe en waarmerkbare feite wat direk aan kriminele aktiwiteite verbind word nie;
- 6. Om mense te kategoriseer, gebaseerd op hul biometriese data, of om hul ras, politieke opinies, unielidmaatskap, godsdienstige of filosofiese oortuigings of seksuele lewe of seksuele oriëntasie, tensy vir enige filtrering of etikettering of wettiglik verworwe biometriese datastelle, soos beelde, gebaseerd op biometriese data of kategorisering van biometriese data in die wetstoepassingsveld;
- 7. Om gesigsherkenningsdatabasisse te skep of uit te brei deur die ongeteikende skraping van gesigsbeelde van die internet of CCTV beeldmateriaal af;
- 8. Vir enige intydse gesigsherkenningstegnologie op mobiele kameras gebruik deur enige wêreldwye wetstoepassing om te poog om individue in onbeheersde, "in hul natuurlike" omgewings te identifiseer, wat polisie-beamptes insluit wat (sonder perke) kameras op hul lywe of vlietkameras (dash-mounted) wat gesigsherkenningstegnologie inspan om individue te probeer identifiseer wat op 'n verdagtedatabasis of wat voorheen in die gevangeniskap was, te identifiseer; of
- 9. Om te probeer om mense se emosionele toestande van hul fisiese, fisiologiese of gedragskenmerke (bv. gesigsuitdrukkings, gesigsbewegings, of spraakpatrone), insluitend die afleiding van emosies soos woede, walging, geluk, triestigheid, verassing, vrees of ander terme wat algemeen gebruik word om 'n persoon se emosionele toestand te beskryf, af te lei.
Kommunikasiedienste
- s. Kommunikasiedienste. Dienste wat kommunikasie tussen individue in staat stel, wat Skype, Teams, Outlook, en GroupMe insluit, maar nie beperk daartoe is nie, word oorheers deur bykomende gebruiksterme beskikbaar by https://aka.ms/useterms tesame met hierdie Gebruiksterme.
Allerlei
14. Allerlei. Hierdie artikel en artikels 1, 9 (vir bedrae aangegaan voor die einde van hierdie bepalings), 10, 11, 12, 15, 17 en dit wat volgens hul bepalings geld nadat hierdie bepalings tot ’n einde kom, bly van krag ná enige beëindiging of kansellasie van hierdie bepalings. In die mate wat toepaslike wetgewing dit toelaat, kan ons te eniger tyd, in geheel of gedeeltelik, hierdie Bepalings toewys, ons verpligtinge ingevolge hierdie Bepalings uitkontrakteer, of ons regte ingevolge hierdie Bepalings sublisensieer sonder om u kennis te gee. U mag nie hierdie Bepalings toewys of enige regte om die Dienste te gebruik oordra nie. Hierdie is die hele ooreenkoms tussen u en Microsoft vir u gebruik van die Dienste. Dit vervang enige vorige ooreenkomste tussen u en Microsoft oor u gebruik van die Dienste. U het nie op enige verklaring, stelling, waarborg, begrip, onderneming, belofte of versekering – buiten dit wat uitdruklik in hierdie Bepalings uiteengesit word – staatgemaak toe u tot hierdie Bepalings ingestem het nie. Alle dele van hierdie Bepalings geld in die maksimum mate wat deur toepaslike wetgewing toegelaat word. Indien 'n hof of arbiter bevind dat ons 'n deel van hierdie Bepalings nie kan afdwing soos wat dit geskryf is nie, kan ons daardie bepalings met soortgelyke bepalings vervang in die mate wat dit ingevolge toepaslike wetgewing afdwingbaar is, sonder dat die res van hierdie Bepalings verander. Hierdie Bepalings is uitsluitlik vir u en ons voordeel. Hierdie Bepalings bestaan nie tot enige ander persoon se voordeel, behalwe Microsoft se opvolgers en regverkryers s'n, nie. Afdelings se opskrifte is slegs vir verwysingsdoeleindes en het geen uitwerking in die reg nie.
15. Eise Moet Binne Een Jaar Ingedien Word. Enige eis wat verband hou met hierdie Bepalings of die Dienste moet binne ’n jaar vandat die eis die eerste keer ingedien kan word by ’n hof (of vir arbitrasie, indien afdeling 10.d geld) ingedien word, tensy u plaaslike wetgewing ’n langer indientydperk vereis. As dit nie binne daardie tyd ingedien word nie, word dit permanent uitgesluit.
16. Uitvoerwette. U moet voldoen aan alle binnelandse en internasionale uitvoerwette en -regulasies wat vir die sagteware en/of die Dienste geld, wat beperkings op bestemmings, eindgebruikers en eindgebruik insluit. Vir verdere inligting oor geografiese en uitvoerbeperkings, besoek en https://www.microsoft.com/exporting.
17. Behoud van Regte en Terugvoer. Behalwe soos uitdruklik ingevolge hierdie Bepalings gestel word, ken Microsoft nie ’n lisensie of enige ander regte aan u toe ingevolge enige patente, kundighede, kopieregte, handelsgeheime, handelsmerke of ander intellektuele eiendom wat deur Microsoft of enige verwante entiteit besit of beheer word nie, waaronder onder meer enige naam, handelsdrag, logo of ekwivalente daarvan. Indien u enige idee, aanbieding, voorstel of terugvoering aan Microsoft gee, waaronder onder andere idees vir nuwe produkte, tegnologieë, promosies, produkname, produkterugvoer en produkverbeterings (“Terugvoer”), gee u aan Microsoft, sonder koste, tantieme of ander verpligtinge teenoor u, die reg om met u terugvoer afgeleide werke te maak, te gemaak het, of te skep, en om u Terugvoer te gebruik, bekend te maak en te kommersialiseer op enige manier en vir enige doel. U mag nie Terugvoer gee wat onderhewig is aan ’n lisensie wat vereis dat Microsoft die sagteware, tegnologieë of dokumentasie daarvan aan enige derdeparty lisensieer nie, aangesien Microsoft u Terugvoer daarby insluit.
KENNISGEWINGS
Kennisgewings en prosedure om eise vir skending van intellektuele eiendom in te dien. Microsoft respekteer derdepartye se regte op intellektuele eiendom. Indien u kennis wil gee van intellektuele eiendomsinbraak, insluitend eise van kopiereginbraak, gebruik ons indieningsprosedures Kennis van Inbraak (https://www.microsoft.com/en-us/legal/intellectualproperty/infringement) waarvan die prosedures deel van hierdie Terme is. SLEGS NAVRAE WAT RELEVANT TOT HIERDIE PROSEDURE IS, SAL ’N REAKSIE ONTVANG.
Microsoft gebruik die prosesse wat in Titel 17, Verenigde State Kode, Artikel 512, en waar toepaslik, in Hoofstuk III van Regulasie (EU) 2022/2065 uiteengesit is, om op kennisgewings van kopieregskending te reageer. Onder toepaslike omstandighede kan Microsoft moontlik ook Microsoft-dienstegebruikers wat herhaaldelik oortree se rekenings sper of sluit. Verder, onder toepaslike omstandighede, mag Microsoft die kennisgewingsprosessering opskort wat deur individue of entiteite ingedien is wat gereeld ongegronde kennisgewings indien. ´n Verdere verduideliking van die toepaslike prosedures vir ´n gegewe Diens, insluitend moontlike regstelling vir besluite wat deur Microsoft as deel van hierdie prosedures geneem is, mag by Kennisgewings van Inbraak (https://www.microsoft.com/legal/intellectualproperty/infringement) gevind word.
Kennisgewings en prosedures oor kwessies rakende intellektuele eiendom in reklame. Raadpleeg asseblief ons Riglyne oor Intellektuele Eiendom (https://go.microsoft.com/fwlink/?LinkId=243207) aangaande kwessies rakende intellektuele eiendom op ons reklamenetwerk.
Kopiereg- en handelsmerkkennisgewings. Die Dienste verkeer onder kopiereg © Microsoft Corporation en/of sy verskaffers, One Microsoft Way, Redmond, WA 98052, VSA. Alle regte voorbehou. Die bepalings sluit Microsoft se Handelsmerk- en Handelsnaamriglyne (https://www.microsoft.com/en-us/legal/intellectualproperty/trademarks) in (soos van tyd tot tyd gewysig). Microsoft en die name, logo’s en ikone van alle Microsoft-produkte, -sagteware en -dienste kan ongeregistreerde of geregistreerde handelsmerke van die Microsoft-maatskappyegroep in die VSA en/of ander jurisdiksies wees. Die volgende is ’n nieomvattende lys van Microsoft se handelsmerke by https://cdn-dynmedia-1.microsoft.com/is/content/microsoftcorp/microsoft/mscle/documents/presentations/TrademarksListFY25Q3.pdf. Die name van werklike maatskappye en produkte kan die handelsmerke van hul onderskeie eienaars wees. Enige regte wat nie uitdruklik in hierdie Bepalings toegeken word nie, word voorbehou. Sekere sagteware wat in sekere Microsoft-webwerfbedieners gebruik word, is gedeeltelik op die werk van die onafhanklike JPEG-groep gebaseer. Kopiereg © 1991-1996 Thomas G. Lane. Alle regte voorbehou. “gnuplot”-sagteware wat in sekere Microsoft-webwerfbedieners gebruik word, is onder kopiereg © 1986-1993 Thomas Williams, Colin Kelley. Alle regte voorbehou.
Mediese kennisgewing. Microsoft verskaf nie mediese of enige ander gesondheidsorgadvies, -diagnose of -behandeling nie. Raadpleeg altyd u geneesheer of ander gekwalifiseerde gesondheidsorgverskaffer oor enige vrae wat u oor 'n mediese toestand, dieet, fiksheid of welstandprogam wil vra. Moet nooit professionele mediese raad ignoreer, of versuim om dit in te win op sterkte van inligting wat u op of deur die Dienste verkry het nie.
Aandelekwotasies en -indeksdata (insluitend indekswaardes). Finansiële inligting wat deur die Dienste verskaf word is slegs vir u persoonlike, niekommersiële gebruik. U mag nie enige van die finansiële data of merke van 'n lisensiegewer van derdepartye gebruik nie in verband met die uitgifte, skepping, borgskap, verhandeling, bemarking of promosie van enige finansiële instrumente of beleggingsprodukte (byvoorbeeld, indekse, afgeleide instrumente, gestruktureerde produkte, beleggingsfondse, beursverhandelde fondse, beleggingsportefeuljes, ens., waar die prys, opbrengs en/of prestasie van die instrument of beleggingsproduk gebaseer is op, verwant is aan, of bedoel is om enige van die finansiële data op te spoor) sonder 'n aparte skriftelike ooreenkoms met die derdeparty-lisensiegewer.
Finansiële kennisgewing. Microsoft is nie 'n makelaar/handelaar of geregistreerde beleggingsadviseur ingevolge die Verenigde State se wetgewing op federale effekte of effektewetgewing van ander jurisdiksies nie, en gee nie aan individue raad oor die raadsaamheid van belegging in, of die aankoop of verkoop van effekte of ander finansiële produkte of dienste nie. Niks wat in die Dienste staan, is 'n aanbod of 'n uitnodiging om enige effekte te koop of verkoop nie. Nie Microsoft of sy lisensiegewers van aandelekwotasies of indeksdata onderskryf of beveel enige spesifieke finansiële produkte of dienste aan nie. Geen inhoud in die Dienste is daarop gemik om professionele advies te wees nie, waaronder sonder beperking beleggings- of belastingadvies.
Kennisgewing oor die H.264/AVC en VC-1 Video Standaarde. Die sagteware mag H.264/AVC en/of VC-1 kodek tegnologie insluit wat deur MPEG LA, L.L.C. gelisensieerd is. Hierdie tegnologie is 'n formaat vir datakompressie of video-inligting. MPEG LA, L.L.C. vereis hierdie kennisgewing:
HIERDIE PRODUK IS GELISENSIEëRD ONDER DIE H.264/AVC EN DIE VC-1 PATENTEPORTEFEULJELISENSIE VIR DIE PERSOONLIKE EN NIE-KOMMERSIëLE GEBRUIK VAN 'N VERBRUIKER OM (A) VIDEO IN OOREENSTEMMING MET DIE STANDAARDE ("VIDEO STANDAARDE") TE ENKODEER EN/OF/ (B) ONTSYFER H.264/AVC, MPEG-4 VISUELE, EN VC-1 VIDEO WAT GEëNKODEER IS DEUR 'N VERBRUIKER WAT IN 'N PERSOONLIKE EN NIE-KOMMERSIëLE AKTIWITEIT EN/OF IS BEKOM VAN 'N VIDEO VOORSIENER WAT GELISENSIEëRD IS OM SULKE VIDEOS TE VERSKAF. GEEN LISENSIE IS TOEGESTAAN OF SAL GEÏMPLISEER WORD VIR ENIGE ANDER GEBRUIK NIE. BYKOMENDE INLIGTING KAN VAN MPEG LA, L.L.C. VERKRY WORD. RAADPLEEG DIE MPEG LA-WEBWERF (https://www.mpegla.com).
Slegs ter verduideliking, hierdie kennisgewing beperk of inhibeer nie die gebruik van die sagteware wat ingevolge hierdie Bepalings verskaf word vir normale sakegebruike wat vir daardie besigheid self is nie, wat nie die volgende insluit nie: (i) herverspreiding van die sagteware na derdepartye, of (ii) die skep van materiaal met die tegnologieë wat aan die VIDEOSTANDAARDE voldoen vir herverspreiding aan derdepartye.
Kennisgewing oor die H.265/HEVC Videostandaard. Die sagteware mag H.265/HEVC enkoderingstegnologie insluit. Vooruittoegang LLC vereis hierdie kennisgewing:
INDIEN DIT INGESLUIT IS, IS DIE H.265/HEVC TEGNOLOGIE IN HIERDIE SAGTEWARE GEDEK DEUR EEN OF MEER VAN DIE EISE VAN DIE HEVC PATENTE WAT GELYS IS IN: PATENTLIST.ACCESSADVANCE.COM. AFHANGEND VAN HOE U DIE SAGTEWARE BEKOM HET, MAG DIE PRODUK GELISENSIEëRD WEES ONDER DIE HEVC VOORUIT-PATENTEPORTEFEULJE.
Indien hierdie sagteware geïnstalleer is op 'n Microsoft-toestel, kan addisionele lisensiëringsinformasie verkry word by: aka.ms/HEVCVirtualPatentMarking.
STANDAARDLISENSIEBEPALINGS VIR TOEPASSING
STANDAARDLISENSIEBEPALINGS VIR TOEPASSINGS
MICROSOFT STORE, MICROSOFT STORE OP WINDOWS, EN MICROSOFT STORE OP XBOX
Hierdie lisensiebepalings is 'n ooreenkoms tussen u en die toepassinguitgewer. Lees dit asseblief. Dit geld vir die sagtewaretoepassings wat u aflaai vanaf die Microsoft-winkel, die Microsoft-winkel op Windows of die Microsoft-winkel op Xbox (waarna daar in hierdie lisensiebepalings as die "Winkel"), insluitend enige bywerkings of aanvullings vir die toepassing, tensy die toepassing met aparte bepalings uitgereik word, in welke geval daardie bepalings geld.
DEUR DIE TOEPASSING AF TE LAAI OF TE GEBRUIK, OF DEUR TE POOG OM DIT TE DOEN, AANVAAR U HIERDIE BEPALINGS. AS U DIT NIE AANVAAR NIE, HET U GEEN REG OM DIE TOEPASSING AF TE LAAI OF TE GEBRUIK NIE, EN MOET U DIT NIE DOEN NIE.
Die toepassinguitgewer beteken die entiteit wat die toepassing aan u lisensieer, soos in die Winkel geïdentifiseer.
As u aan hierdie lisensiebepalings voldoen, het u die regte hieronder.
- 1. INSTALLASIE- EN GEBRUIKSREGTE; VERSTRYKING. U mag die toepassing op Windows-toestelle of Xbox-konsoles installeer en gebruik soos beskryf in Microsoft se Gebruiksreëls (https://go.microsoft.com/fwlink/p/?LinkId=723143). Microsoft behou die reg om Microsoft se Gebruiksreëls (https://go.microsoft.com/fwlink/p/?LinkId=723143) te eniger tyd te verander.
- 2. INTERNETGEBASEERDE DIENSTE.
- a. Toestemming vir internetgebaseerde of koordlose dienste. Indien die toepassing aan rekenaarstelsels koppel via die internet, wat 'n koordlose netwerk kan insluit, geld u gebruik van die toepassing as u toestemming tot die versending van standaardtoestelinligting (insluitend tegniese inligting oor u toestel-, stelsel- en toepassingsagteware, en randapparatuur, maar nie beperk daartoe nie) vir internetgebaseerde of koordlose dienste. Indien ander bepalings verskaf word in verband met u gebruik van dienste waartoe u met behulp van die toepassing toegang verkry het, geld daardie bepalings ook.
- b. Misbruik van Internetgebaseerde dienste. U mag nie enige Internetgebaseerde diens op enige manier gebruik wat skadelik daarvoor is nie, of wat enigiemand anders se gebruik daarvan of die koordlose netwerk belemmer nie. U mag nie die diens gebruik om op enige manier ongemagtigde toegang te probeer verkry tot enige diens, data, rekening of netwerk nie.
- 3. BESTEK VAN LISENSIE. Die toepassing word gelisensieer, nie verkoop nie. Hierdie ooreenkoms gee slegs aan u sekere regte om die toepassing te gebruik. As Microsoft voortspruitend uit u ooreenkoms met Microsoft die vermoë om die toepassings op u toestelle te gebruik sper, sal enige lisensieregte wat daarmee verband hou, beëindig word. Die toepassinguitgewer behou alle ander regte. Tensy toepaslike wetgewing ondanks hierdie beperking meer regte aan u gee, mag u die toepassing slegs gebruik soos wat hierdie ooreenkoms uitdruklik toelaat. Terwyl u dit doen, moet u aan enige tegniese beperkings in die toepassing voldoen wat u toelaat om dit slegs op sekere maniere te gebruik. U mag nie:
- a. Enige tegniese beperkings in die toepassing omseil nie.
- b. Die toepassing se ontwerp afkyk, dit opdeel of uitmekaar haal nie, behalwe en slegs in die mate waarin toepaslike wetgewing dit ondanks hierdie beperking uitdruklik toelaat.
- c. Ondanks die beperking in hierdie ooreenkoms meer kopieë van die toepassing maak as wat gespesifiseer word of deur toepaslike wetgewing toegelaat word nie;
- d. Die toepassing publiseer of dit vir ander beskikbaar stel om te kopieer nie.
- e. Die toepassing verhuur of uitleen nie.
- f. Die toepassing of hierdie ooreenkoms aan enige derdeparty oordra nie.
- 4. DOKUMENTASIE. As dokumentasie die toepassing vergesel, mag u die dokumentasie vir persoonlike verwysingsdoeleindes kopieer en gebruik.
- 5. TEGNOLOGIE- EN UITVOERBEPERKINGS. Die toepassing kan onderhewig wees aan internasionale tegnologiebeheer of wetgewing en regulasies, of dié van die Verenigde State. U moet aan alle plaaslike en internasionale uitvoerwette en -regulasies voldoen wat vir die tegnologie geld wat deur die toepassing benut of gesteun word. Hierdie wette sluit beperkings op bestemmings, eindgebruikers en eindgebruik in. Vir inligting oor Microsoft-handelsmerkprodukte, besoek die Microsoft-uitvoerwebwerf (https://go.microsoft.com/fwlink/?linkid=868967).
- 6. STEUNDIENSTE. Kontak die toepassinguitgewer om vas te stel watter steundienste beskikbaar is. Microsoft, u hardewarevervaardiger en u verskaffer van koordlose diens is nie verantwoordelik vir die verskaffing van steundienste vir die toepassing nie (tensy een van hulle die toepassinguitgewer is).
- 7. HELE OOREENKOMS. Hierdie ooreenkoms, enige toepaslike privaatheidsbeleid, enige bykomende bepalings wat die toepassing vergesel en die bepalings vir bylae en bywerkings vorm die hele lisensie-ooreenkoms vir die toepassing tussen u en die toepassinguitgewer.
- 8. TOEPASLIKE WETGEWING.
- a. Verenigde State en Kanada. Indien u die toepassing in die Verenigde State of Kanada aangeskaf het, reël die wette van die deelstaat of provinsie waar u woon (of hoofsaaklik sake doen, as dit 'n onderneming is) die vertolking van hierdie ooreenkoms en is dit van toepassing op eise vir die verbreking daarvan, en vir alle ander eise (insluitend eise vir verbruikersbeskerming, onbillike mededinging en delikte), ongeag botsende regsbeginsels.
- b. Buite die Verenigde State en Kanada. As u die toepassing in enige ander land bekom het, geld die wette van daardie land.
- 9. WETLIKE UITWERKING. Hierdie ooreenkoms beskryf sekere wetlike regte. U kan moontlik ander regte ingevolge u deelstaat of land se wette hê. Hierdie ooreenkoms wysig nie u regte ingevolge die wette van u deelstaat of land indien die wette van u deelstaat of land sodanige wysiging verbied nie.
- 10. VRYWARING VAN WAARBORG. Die toepassing word, onderhewig aan toepaslike wetgewing, "voetstoots", "met alle gebreke" en "indien beskikbaar" gelisensieer. U dra alle risiko van die gebruik daarvan. Die toepassinguitgewer, namens homself, Microsoft (indien Microsoft nie die toepassinguitgewer is nie), verskaffers van koordlose dienste op wie se netwerk die toepassing verskaf word, en elk van ons onderskeie geaffilieerde maatskappye, verkopers, agente en verskaffers ("Gedekte Partye"), bied geen uitdruklike waarborge of voorwaardes ten opsigte van die toepassing nie. Die hele risiko wat die gehalte, veiligheid, gerief en funksionering van die toepassing betref, rus by u. Indien die toepassing foutief blyk te wees, aanvaar u al die koste van die nodige diens- of herstelwerk. U kan moontlik ingevolge u plaaslike wette bykomende regte hê wat hierdie ooreenkoms nie kan verander nie. In die mate waarin u plaaslike wetgewing dit toelaat, sluit die Gedekte Partye enige geïmpliseerde waarborge of voorwaardes uit, waaronder dié wat verband hou met verhandelbaarheid, geskiktheid vir 'n spesifieke doel, veiligheid, gerief en nie-inbreukmaking.
- 11. BEPERKING OP EN UITSLUITING VAN VERHALINGS EN SKADEVERGOEDING. Indien u enige grond het om skadevergoeding te verhaal, kan u slegs regstreekse skadevergoeding van die toepassinguitgewer verhaal in die mate wat die wet dit nie verbied nie, tot en met die bedrag wat u vir die toepassing betaal het of $1.00, wat ook al die grootste is. Onderhewig aan toepaslike wetgewing, mag u nie enige ander skadevergoeding – insluitend voortspruitend, verlies aan wins, spesiaal, indirek of insidenteel – verhaal van die toepassinguitgewer nie, en u doen afstand van enige reg om dit te doen. Onderhewig aan toepaslike wetgewing, indien u plaaslike wetgewing ’n waarborg of voorwaarde afdwing, al doen hierdie bepalings dit nie, is die duur daarvan beperk tot 90 dae vandat u die toepassing aflaai.
Hierdie beperking geld vir:
- Enigiets wat verband hou met die toepassing of dienste wat daardeur beskikbaar gestel word; en
- Eise vir verbreking van die kontrak, waarborg of voorwaarde; streng aanspreeklikheid, nalatigheid of ander delikte; oortreding van 'n statuut of regulasie; onregverdige verryking; of ingevolge enige ander teorie; dit alles in die mate waarin toepaslike wetgewing dit toelaat.
Dit is ook van toepassing selfs as:
- Hierdie verhaling u nie ten volle vir enige verliese vergoed nie; of
- Die toepassinguitgewer van die moontlikheid van skade geweet of moes geweet het.
Gedekte Dienste
Die volgende produkte, toepassings en toestelle word deur die Microsoft-dienste-ooreenkoms gedek, maar is dalk nie in u mark beskikbaar nie.
- Account.microsoft.com
- Bing Apps
- Bing Dictionary
- Bing Image and News (iOS)
- Bing Maps
- Bing Search APIs/SDKs
- Bing Search app
- Bing Translator
- Bing Webmaster
- Bing-bladsye
- Bing-kortings
- Bing.com
- Bingplaces.com
- Beeldskepper van Microsoft Ontwerper
- Clipchamp
- Cortana skills by Microsoft
- Cortana
- Default Homepage and New Tab Page on Microsoft Edge
- Dev Center App
- Device Health App
- Dictate
- Die gratis weergawe van Microsoft 365
- education.minecraft.net
- Face Swap
- Feedback Intake Tool for Azure Maps (aka “Azure Maps Feedback”)
- Foonskakel
- Forms.microsoft.com
- forzamotorsport.net
- Groove Music Pass
- Groove
- GroupMe
- LineBack
- Maps App
- Microsoft 365 Business Standard, Microsoft 365 Business Basic, Microsoft 365 Apps, Microsoft 365 app, Microsoft 365 Copilot, Microsoft 365 Copilot app, and Microsoft 365 Copilot Chat*
- *Until a commercial domain is established for use of these services, at which time separate Microsoft commercial terms will govern instead.
- Microsoft 365 Consumer
- Microsoft 365 Family
- Microsoft 365 Personal
- Microsoft 365 vir die web
- Microsoft Academic
- Microsoft account
- Microsoft Add-Ins for Skype
- Microsoft Bots
- Microsoft Bystand en herstelassistent vir Office 365
- Microsoft Copilot
- Microsoft Defender vir individue
- Microsoft Educator Community
- Microsoft Family
- Microsoft Health
- Microsoft Launcher
- Microsoft Loop
- Microsoft Math Solver
- Microsoft Pay
- Microsoft Pix
- Microsoft Reading Coach
- Microsoft Research Interactive Science
- Microsoft Research Open Data
- Microsoft Rewards
- Microsoft Soundscape
- Microsoft Sway
- Microsoft Teams
- Microsoft Translator
- Microsoft Versamelings
- Microsoft Wallpaper
- Microsoft-Flieks en -TV
- Microsoft-ondersteuning (gebruiker)
- Microsoft-soektog in Bing
- Minecraft Realms Plus and Minecraft Realms
- Minecraft-speletjies
- Mixer
- MSN (voorheen bekend as Microsoft Start)
- MSN Dial Up
- MSN Explorer
- MSN Food & Drink
- MSN Health & Fitness
- MSN Money
- MSN News
- MSN Premium
- MSN Sports
- MSN Travel
- MSN Weather
- MSN.com
- Next Lock Screen
- Office Store
- OneDrive.com
- OneDrive
- OneNote.com
- Opsionele gekoppelde Microsoft 365-ervarings
- Outlook.com
- Paint 3D
- Presentation Translator
- rise4fun
- Seeing AI
- Send
- Skakel na Windows
- Skype in the Classroom
- Skype Manager
- Skype.com
- Skype
- Smart Search
- SMS Organizer-toepassing
- Snip Insights
- Spreadsheet Keyboard
- Sway.com
- to-do.microsoft.com
- Toepassings en dienste wat by Microsoft 365 Basies ingesluit is
- Toepassings en dienste wat by Microsoft 365 Family ingesluit is
- Toepassings en dienste wat by Microsoft 365 Personal ingesluit is
- Toepassings en dienste wat by Microsoft 365 se gebruikerintekeninge ingesluit is
- Translator for Microsoft Edge
- Translator Live
- Universal Human Relevance System (UHRS)
- UrWeather
- ux.microsoft.com
- Versamelings
- Video Breakdown
- Visio Online
- Web Translator
- whiteboard.office.com
- Windows Live Mail
- Windows Live Writer
- Windows Movie Maker
- Windows Photo Gallery
- Windows Store
- Windows-speletjies, -toepassings en -webwerwe wat deur Microsoft uitgegee word
- Windows-Winkel
- Winkel
- Xbox Game Pass
- Xbox Game Studios-speletjies, -toepassings en -webwerwe
- Xbox Live Gold
- Xbox Live
- Xbox Music
- Xbox Store